Afrika-waterstofberaad kom Windhoek toe
Namibië speel vir die eerste keer vanjaar gasheer vir die Globale Afrika-waterstofberaad.
Tot ses staatshoofde, 20 ministers van oraloor die vasteland, 80 kundiges en tot 700 afgevaardigdes van 65 lande word op uitnodiging by die beraad in Windhoek verwag, wat vanaf 3 tot 5 September sal plaasvind.
“Ons dink nie klein nie,” het Catherine Shipushu, die woordvoerder van die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB), Woensdag gesê.
Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het in ’n boodskap om die geleentheid aan te kondig, beklemtoon dat dié beraad ’n beginpunt moet wees.
“Klimaatsverandering is onvermydelik en daarom moet innovasie ons reaksie wees,” sê hy.
“Deur hierdie beraad te hou, toon Namibië sy toewyding,” sê die minister en dat “ons in ’n posisie is om die pad vorentoe te bepaal.”
“Waterstof is die sluitel,” het Alweendo verder aangevoer.
NIPDB se voorsitter en uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, het gesê waterstofprodusente, tegnologiese ontwikkelaars, verbruikers, finansierders, ambagslui en vaardigheidsontwikkelaars van oraloor die globale waardeketting kom gesels oor Afrika en Namibië se rol in die energie-oorgang en groen waterstof.
“Sukses is wanneer Afrika sy regmatige plek inneem in terme van groen industrialisasie vir die wêreld, en erken word as die bron van groen energie om werk te skep en ongelykheid te verminder,” sê sy.
Om deelname meer doeltreffend aan te moedig, is DMG Events as vennoot gekies, sê sy.
DMG Events se senior visepresident vir energie, Damian Howard, sê hul Britse moedermaatskappy, die Daily Mail en General Trust, het meer as 30 jaar se media-ervaring en kantore wêreldwyd. Hulle is ook reeds 20 jaar in Afrika en het groot suksesse behaal deur groot netwerkgeleenthede te reël. DMG Events het ook onlangs gehelp om COP28 aan te bied.
Namibië se groenwaterstofkommissaris, James Mnyupe, sê lidlande van die Afrika-groenwaterstofalliansie, insluitend Suid-Afrika, Angola, Mauritanië, Kenia, Egipte en Marokko, sal dit bywoon en dat die reis wat Namibië “so eensaam begin het, nou baie meer reisgenote bykry”.
Hy stem saam met die minister van energie dat die waterstofmolekule uiters belangrik is vir industrialisasie, maar sê “groen waterstof is net die beginpunt”.
Hy praat van ’n nuwe era van groen energie wat belegging in infrastruktuur en die stimulering van nuwe nywerhede vereis. Die konsep van die invoer van yster om met behulp van groen energie in Namibië verwerk te word, en van hier af uitgevoer te word, word byvoorbeeld ondersoek.
Daar word voorgestel om die suidelike groenwaterstofvallei en die sentrale groenwaterstofvallei in spesiale ekonomiese sones te omskep.
“Selfs datasentrums kan gelok word of enige nywerheid wat intensief van energie gebruik maak,” sê hy.
Volgens hom is daar tans nege waterstofprojekte wat in Namibië ontwikkel word en op 29 April word ’n hoëprofielbesoek uit België verwag.
“Die geleentheid wat die waardeketting bied vir werkskepping en bedryfsontwikkeling in Namibië is eindeloos,” sê hy.
“Ons het die banke nodig om hanteerbare risiko te verstaan en te kan identifiseer, om klein ondernemings te kan ondersteun,” brei hy uit.
Om die vestiging van entrepreneurskap rondom groen waterstof te vergemaklik, het die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel nou ook by die groenwaterstofraad aangesluit.
Verder word wetgewing vir die ontginning en handel in gas ontwikkel en die raad werk saam met die ministerie van myne en energie om die wetskonsep oor sintetiese brandstof te finaliseer.
Uaandja noem dat belasting wat van toepassing is op klein ondernemings van 32% tot 20% verminder word, terwyl die regering N$5 000 per maand per persoon vrystel om internskappe by die betrokke maatskappye te help finansier.
Sy moedig almal aan om op die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekking en werkskepping se vaardigheidsdatabasis te registreer, en vir klein ondernemings om op die regering se databasis te registreer, om van die kredietwaarborgskema gebruik te kan maak.
Frankleigh Godfrey, die besturende direkteur van Vasco Da Gama Energy, wat ook ’n vennoot van die geleentheid is, was ook teenwoordig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie