UNJUSTIFIABLE AWARD: The Electricity Control Board has advised against the award of a supply and distribution licence to the Ongos Valley Development (Pty) Limited.
UNJUSTIFIABLE AWARD: The Electricity Control Board has advised against the award of a supply and distribution licence to the Ongos Valley Development (Pty) Limited.

Alweendo herroep ECB-besluit oor Ongos

Verdeeldheid oor minister se besluit
Die minister wil hê die Windhoekse munisipaliteit moet Ongos vir sy belegging terugbetaal, of die ontwikkeling toelaat om sy eie krag op te wek.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Tom Alweendo, die minister van myne en energie, het sy ministeriële magte gebruik om die elektrisiteitsreguleerder se besluit oor die omstrede Ongos Valley Development (OVD) se plan om sy eie krag op te wek, tersyde te stel.

Soos besonderhede oor die saak na vore kom, blyk dit die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) het aanvanklik aanbeveel dat die minister OVD se aansoek om ’n verspreidings- en-voorsieningslisensie, van die hand wys. Dié lisensie sal OVD toelaat om elektrisiteit op te wek en verder aan sy eindgebruikers te verkoop. Dit ten spyte daarvan dat die ontwikkeling binne munisipale grense geleë is.

Die ECB het Alweendo op 22 April 2022 in kennis gestel dat hy daarteen kapsie maak dat OVD toestemming kry om onder Stad Windhoek (CoW) se lisensie te funksioneer, en gesê hy is in ’n posisie om elektrisiteit aan alle eindgebruikers binne munisipale grense te verskaf.

“Die munisipaliteit is in die posisie om (krag) aan OVD te verskaf in ooreenstemming met die projek se tydlyne. Die CoW was korrek deur daarop aan te dring dat kosteverhaling deur die klantgefinansierde model gedoen moet word. Die doelwit van tariefharmonisering in die stad se verspreidingslisensiegebied sal negatief beïnvloed word as OVD toegelaat word om ’n ander tarief te hef om die koste van die verspreidings- en-voorsieningsinfrastruktuur te verhaal,” lui die aanbevelings.

ONREGVERDIG GEWEIER

Met sy redes vir die goedkeuring het Alweendo – in ’n brief gedateer 19 Augustus 2022 – verklaar dat die CoW onregverdig OVD se lisensie-aansoek geweier het.

“Ek het [die CoW] die geleentheid gebied om OVD óf vir sy belegging te vergoed óf toe te laat om onder [die CoW se] lisensie te werk. Geen antwoorde is van die [CoW] ontvang oor hierdie twee opsies nie,” het Alweendo gesê.

MANDAAT VAN 15 JAAR

Met toestemming aan OVD het Alweendo gesê die ontwikkeling sal toegelaat word om onder die munisipaliteit se verspreidings- en-voorsieningslisensie te werk, op voorwaarde dat hy vir ’n tydperk van 15 jaar werk, of tot so ’n tyd dat hy sy belegging verhaal het.

Daar word ook van OVD verwag om sy verspreidingsbates ná 15 jaar aan die COW oor te dra, of wanneer hy sy belegging verhaal het.

Die minister het bygevoeg ’n gebrek aan kommunikasie van die CoW het hom met geen ander keuse gelaat as om ’n lisensie aan OVD toe te staan nie, luidens ’n brief – gedateer 31 Oktober 2022 – aan die hoofstad se destydse burgemeester, Sade Gawanas.

“Ek het die CoW versoek om voor of op 2 Augustus 2022 sy besluit oor die saak bekend te maak. Versuim daarvan sal daartoe lei dat ek aan OVD toestemming gee om onder die lisensie van die [CoW] te werk, ingevolge Artikel 34 (1) van die Elektrisiteitswet.”

Die ECB het OVD van die minister se goedkeuring ingelig en gesê hy sal die munisipaliteit se opwekkings- en-voorsieningslisensie, effektief 1 September 2022, vir ’n tydperk van 15 jaar kan gebruik.

SKUIF OPSY

Robert Kahimise, die uitvoerende hoof van die ECB, het geweier om kommentaar te lewer en gesê die saak is sub judice.

Die stadsraad het op 11 September ’n hofaansoek ingedien wat versoek dat Alweendo se besluit tersyde gestel moet word.

Die raad word verteenwoordig deur Gilroy Kasper, OVD deur Appolos Shimakeleni, die ECB deur Fisher, Quarmby & Pfeifer, en die mynministerie deur staatsprokureurs.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!