Baynes-hidrokragstasie: Namibië en Angola teken ooreenkoms
“Die ondertekening van die Baynes-implementeringsooreenkoms verbind ons twee lande en regerings kontraktueel om hierdie projek deur te voer tot die suksesvolle voltooiing daarvan.”
Só het die minister van myne en energie, Tom Alweendo, gesê nadat die Baynes-hidrokragprojek se implementeringsooreenkoms vandeesweek tussen Angola en Namibië onderteken is. Die meganismes vir die bou van die 800 megawatt (MW)-kragaanleg word in die ooreenkoms uiteengesit.
Dié ooreenkoms stel nou beide regerings in staat om die gebied wat vir die kragaanleg en damme benodig word, te identifiseer. Die ooreenkoms sit ook die algemene beginsels vir die konstruksie en die wetlike en institusionele struktuur vir die konstruksie, bedryf en instandhouding van die projek uiteen.
LIGGING
Tydens die ondertekening van die ooreenkoms het Alweendo verduidelik waarom beide regerings besluit het om die ligging van die aanleg te verskuif vanaf die oorspronklike beoogde Epupa-terrein na die nuwe ligging. Die regering het Epupa in die verlede as ’n terrein geïdentifiseer, maar het gebuk gegaan onder druk oor kommer dat die dam wat vir die kragstasie benodig word, moontlik voorvaderlike grafte sou oorstroom.
“Die Baynes-terrein is egter die voorkeurperseel vanuit ’n omgewings- en maatskaplike impakperspektief.
“Dit was nog altyd ’n opsie vir beide lande weens ’n vermindering in plaaslike invoerkapasiteit, die toenemende koste verbonde aan elektrisiteitsopwekking en die toenemende vraag na elektrisiteit in beide lande,” het hy gesê.
Volgens Alweendo is die kragopwekking-alternatief in 2007 herbesoek toe die twee regerings besluit het om ’n nuwe lewensvatbaarheidstudie te laat doen om die omgewings- en tegniese lewensvatbaarheid van die nuwe terrein te bepaal.
Alweendo het gesê om van die aanvangsfase van die projek tot implementering te kom, was nooit sonder uitdagings nie.
“Dit was nie ’n maklike pad nie. Dit is vererger deur die behoefte om die tradisionele leiers, geraakte gemeenskappe en alle ander sleutelbelanghebbendes aan beide die Angolese en Namibiese kant van die grens te betrek,” het hy gesê.
Alweendo het gesê dié ooreenkoms sal nou die weg baan vir die suksesvolle bou van die Baynes-kragaanleg.
FINANSIERING
Alweendo het gesê hy is hoopvol dat beide regerings teen die einde van 2026 finansiering vir die aanleg sal kan verseker.
“Ons volgende mylpaal en doelwit is om finansiering te verseker en finansiële sluiting teen die einde van 2026 te bereik en die konstruksie van die dam gedurende die eerste kwartaal van 2027 te begin,” het hy gesê en bygevoeg dat konstruksie tot die vierde kwartaal van 2031 sal duur.
Ten slotte het Alweendo die ontwikkelingsvennote bedank vir hulle ondersteuning. Dit sluit die Afrika Ontwikkelingsbank, die Sweedse Fonds, die Koreaanse Fonds, die Africa Legal Support Facility, die Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD) en die Suider-Afrikaanse Kragpoel (SAPP) in.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie