Bouwerk aan 58 MW-kragbergingstelsel begin in 2024
Duitsand skenk €20 miljoen vir projek
Die boukontrak vir die BESS is aan 'n gesamentlike onderneming van Chinese maatskappye toegeken.
Bouwerk aan die 58 MW-batteryenergiebergingstelstel (BESS), die eerste in sy soort in Namibië en die subkontinent, sal na verwagting 550 dae neem nadat dit einde Februarie of vroeg in Maart volgende jaar afskop. Dié kragbergingstelsel sal by die aangrensende Omburu-sonplaas van 20 megawatt (MW) buite Omaruru gebou word.
Volgens NamPower se projekbestuurder, Fred Bailey, het die betrokke tenderdokumente vereis dat die BESS vir minstens 4 000 op- en aflaaisiklusse verseker moet wees, wat teen een siklus per dag tot 19 jaar se gebruik vir Namibië kan beteken.
Volgens NamPower se besturende direkteur, Kahenge Simson Haulofu, is dié projek grensverskuiwend in die lig van Namibië se kragnetwerk en hy het die ingebruikneming van die BESS in die toekoms as ’n transformerende sprong in Namibië se energielandskap beskryf. Benewens die vermoë om sonkrag te stoor vir wanneer die son nie skyn nie, kan die BESS NamPower vir die eerste keer in staat stel om elektrisiteit oor die kragnetwerk rond te skuif.
“Dit sal die wyse hervorm waarop ons elektrisiteit opwek, versprei en gebruik,” het hy gesê en bygevoeg die oplaai van die batterystelsel gedurende ure waartydens elektrisiteitskoste laag is, en aflaai van die batterye wanneer aanvraag en dus pryse in spitstye hoog is, hou betekenisvolle ekonomiese voordele vir NamPower in en bied gevolglik besparingsgeleenthede vir kliënte. Verder sal NamPower deur die BESS krag in noodgevalle kan voorsien en ook kragvoer deur die nasionale netwerk kan beheer, sowel as spanning en die verhogingskoers. Hierdie dienste word tans deur Suid-Afrika se nasionale kragverskaffer, Eskom, gelewer.
Die ontwikkeling van Namibië se eerste BESS, en een van die eerstes in enige Afrikaland suid van die Sahara, is ook betekenisvol in die lig van hoe die projek verwesenlik kan word. Duitsland het, deur die KfW-ontwikkelingsbank, ’n skenking van €20 miljoen (sowat N$334 miljoen) vir die implementering van die kragbergingstelsel beskikbaar gestel.
By die seremonie waartydens die kontrak onderteken is het Ulrike Metzger, die hoof van ontwikkeling en samewerking by die Duitse ambassade in Windhoek, gesê die skenking het ten doel om die Namibiese regering te help om hernubare kragopwekking teen 2030 van sowat 30% tot 70% van die vraag daarna op te stoot. Sy het gesê Duitsland ondersteun Namibië op die pad na energie-onafhanklikheid. Namibië voer tans tot 70% van sy elektrisiteitsaanvraag vanaf Suid Afrika en die Suider-Afrikaanse Kragpoel in.
By dieselfde geleentheid het die KfW se direkteur in Namibië, Beatrice Lucke, die belang van netwerkstabiliteit en -beheer uitgelig en gesê die nuwe bergingstelsel sal Namibië help om die kragnetwerk te stabiliseer.
Die boukontrak vir die BESS is aan ’n gesamentlike onderneming van Chinese maatskappye toegeken. Volgens Benny Jin van Shandong Electrical Engineering and Equipment Group word dié maatskappy ten volle deur die Chinese regering besit, terwyl Zhejiang Narada Power Source ’n private Chinese maatskappy is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie