Brandstofprys: Vervoerkoste aangepas
Langer afstande, hoër pryse
Oliepryse het in Januarie met 3,7% op die internasionale mark gestyg, sê die ministerie van myne en energie.
Die pryse van alle soorte brandstof het Woensdag landswyd gestyg, maar weens vervoerkoste – wat die eerste keer sedert 2007 aangepas is – verskil brandstofpryse per dorp.
Die ministerie van myne en energie sê die vervoerkoste van brandstof vanaf die invoerpunt by Walvisbaai na dorpe landswyd speel ’n groot rol in die bepaling van die pryse by die pompe by jou naaste vulstasie.
“Die hersiening van vervoertariewe is deur ’n landswye assessering uitgevoer en neem die bedryf se insette in ag,” luidens ’n verklaring.
Brandstofpryse word nou dus aangepas met inagneming van die koste verbonde aan die vervoer van die brandstof van die kus na die pomp.
Hoewel die pompprys vir petrol op Walvisbaai onveranderd op N$20,78 bly, is dit nou N$21,28 per liter op Katima Mulilo.
Op Warmbad, in die verre suide, gaan petrol jou nou N$21,46 kos en op Gobabis is die prys nou N$21,29 per liter petrol.
Op Buitepos kos petrol nou N$21,47 per liter, terwyl diesel 10 ppm jou nou N$21,94 per liter uit die sak gaan jaag en diesel 50 ppm N$21,74 per liter.
Op Ariamsvlei kos petrol tans N$21,46 per liter, diesel 10 ppm N$22,01 en diesel 50 ppm N$21,73.
Die volledige lys van aangepaste pryse vir Namibië se verskillende dorpe word uiteengesit in kennisgewing no. 12, wat in die Staatskoerant no. 8303 op 7 Februarie 2024 gepubliseer is.
Verder het die ministerie die besluit geneem om die tydelike marge van 20 sent per liter wat aan grootmaat-oliehandelaars toegestaan is, vir nog drie maande – tot April 2024 – te verleng.
Die ministerie waarsku dat oliepryse wêreldwyd toeneem weens die vermindering in voorraad, geopolitieke spanning en die onsekerheid oor die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opec) se produksieteikens.
Oliepryse het in Januarie met 3,7% op die internasionale mark gestyg, sê die ministerie. Diesel 50 ppm het met 1,7% gestyg en diesel 10 ppm met 2,1%.
Die Namibiese dollar het ook met 0,88% teenoor die Amerikaanse dollar gedaal. Die nasionale Energiefonds dek egter die onderverhaling in Januarie van 44 sent vir petrol, 33 sent vir diesel 50 ppm en 28 sent vir 10 ppm-diesel. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie