Hier is 'n boortuig wat Tower Resources voorheen in Kamaroen se waters gebruik het.
Foto Tower Resources
Hier is 'n boortuig wat Tower Resources voorheen in Kamaroen se waters gebruik het. Foto Tower Resources

Buitelandse maatskappy soek olie in Walvis-kom

Augetto Graig
Die internasionale maatskappy Tower Resources se soektog na olie in die Atlantiese Oseaan aan die Namibiese kus in die Walvis-kom, duur steeds voort.

Die maatskappy is op die Australiese aandelebeurs genoteer en in Londen gebaseer.

Met Maandag se aankondiging van sy finansiële resultate tot einde 2023, sê die maatskappy dat tegniese studies die teenwoordigheid van olie in sy PEL96-eksplorasielisensiegebied bevestig.

“Die resultate toon duidelike bewyse van ’n werkende petroleumstelsel teenwoordig binne die Dolphin Graben in PEL96; in die vorm van olie wat herwin is uit monsters uit die 1911/15-1-boorgat, en direkte koolwaterstofaanwysers wat op seismiese (opnames) waargeneem is,” sê die maatskappy.

PEL96 dek Blokke 1910A, 1911 en 1912B, wat strek oor 23 297 km² van die noordelike Walvis-kom en Dolphin Graben. Die blokke is direk aangrensend aan lisensies geleë waarin ExxonMobil belange het.

Tower Resources is ook in Kameroen teenwoordig. Die Kameroense minister van mynbou en sy eerste minister het onlangs die maatskappy se aanvanklike eksplorasietydperk van die produksie-aandeelkontrak met dié regering met ’n jaar verleng.

Tower beplan om vanjaar sy NJOM-3-boorgat te boor op soek na olie langs die kus van dié land.

Intussen het nog Amerikaners; Chevron, deur sy filiaal Chevron Namibia Exploration, ook einde April die Walvis-kom betree deur ’n ooreenkoms om 80%-belang en operateurskap in PEL82 te verkry.

Custos Energy en die nasionale oliemaatskappy, Namcor, besit elk 10% van die eksplorasielisensiegebied. PEL82 het voorheen met beperkte sukses by boorgate Murombe-1 en Wingat-1 gespog.

Chevron se eksplorasieboorwerk sal na verwagting in die vierde kwartaal van vanjaar begin. Eco Atlantic wat op die Toronto-aandelebeurs en die alternatiewe beleggingsmark van die Londense aandelebeurs genoteer is, het ook operateurskap en 85%-belang in vier petroleumlisensies, PEL97, -98, -99 en -100, wat ’n gekombineerde seegebied van ​28 593 km² in die Walvis-kom suid van PEL96 verteenwoordig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A #N/A #N/A