BU: Bei der Übergabe der BRD-Interessensbekundung im Willy-Brandt-Saal des Auswärtigen Amtes, waren dabei (v.l.n.r.) Marco Raffinetti (Hyphen-Geschäftsführer), Dr. Tobias Bischof-Niemz (Vorstand für internationale Projekte bei ENERTRAG), Simon Hagedorn (ENERTRAG), Tom Alweendo, namibischer Minister für Bergbau und Energie), Dr. Gunar Hering (ENERTRAG-Geschäftsführer) und der Bundesminister für Wirtschaft und Klimaschutz, Robert Habeck. Foto: Angela Regenbrecht Photography/ENERTRAG
BU: Bei der Übergabe der BRD-Interessensbekundung im Willy-Brandt-Saal des Auswärtigen Amtes, waren dabei (v.l.n.r.) Marco Raffinetti (Hyphen-Geschäftsführer), Dr. Tobias Bischof-Niemz (Vorstand für internationale Projekte bei ENERTRAG), Simon Hagedorn (ENERTRAG), Tom Alweendo, namibischer Minister für Bergbau und Energie), Dr. Gunar Hering (ENERTRAG-Geschäftsführer) und der Bundesminister für Wirtschaft und Klimaschutz, Robert Habeck. Foto: Angela Regenbrecht Photography/ENERTRAG

Duitsland bied groter steun aan Hyphen-projek

Sommige glo steeds huiwerig
Die Duitse maatskappy Enertrag se betrokkenheid by Hyphen Hydrogen Energy se projek in Namibië sal uitbrei.
Frank Steffen
“Ons is bereid om, onder sekere voorwaardes, dit [Hyphen-projek] as ’n buitelandse projek in die strategiese belang van Duitsland te klassifiseer en sodoende meer as gewoonlik ondersteuning van ons instrumente vir die bevordering van buitelandse handel moontlik te maak.”

So het die Duitse minister van ekonomiese sake en klimaatsbeskerming, Robert Habeck, in ’n onlangse mediaverklaring gesê oor sy regering wat sy betrokkenheid by Hyphen Hydrogen Energy se projek in Namibië wil uitbrei.

“Duitsland ondersteun die ontwikkeling van ’n groenwaterstof-ekonomie in Namibië wat volhoubaar vir die bevolking is.”

Namibië se minister van myne en energie, Tom Alweendo, het ook in ’n verklaring gesê hy glo die Hyphen-projek is die eerste stap vir Namibië om sy ambisies van ’n vervaardigingsbedryf vir sintetiese brandstof te verwesenlik: “Die Duitse regering se verklaring van hul voorneme is ’n sterk verbintenis wat ons gesamentlike pogings om ons handelsbetrekkinge te verdiep en te diversifiseer, verder versterk,” het hy gesê.

SOMMIGE ‘SKEPTIES’

Sommige mense en organisasies is glo steeds skepties oor die projek aan die suidwestelike kus van Namibië, vanweë die grootte daarvan en die oënskynlike potensiaal vir korrupsie.

Kenners het ook na bewering hulle skeptisisme uitgespreek aangesien hulle Enertrag – die Duitse maatskappy wat by die projek betrokke is – as ’n maatskappy “met ’n gebrek aan ervaring” beskou.

Republikein se susterkoerant Allgemeine Zeitung berig dat die skeptisisme glo aangevuur word deur Enertrag se openbare betrekkinge wat glo onvoldoende is en die Namibiese ministerie van myne en energie se beweerde gebrek aan deursigtigheid.

SAMEWERKING

Hyphen is ’n gesamentlike projek tussen Enertrag en ’n Britse beleggings- en projekontwikkelingsmaatskappy, Nicholas Holdings, en die Namibiese regering wat deur die ministerie van myne en energie die derde party is.

’n Verteenwoordiger van Enertrag wat verantwoordelik is vir internasionale projekte en tegnologie by die maatskappy, dr. Tobias Bischof-Niemz, meen dat die Hyphen-projek meer as net tot die energie-oorgang bydra.

“Dit is ’n belangrike getuienis van internasionale samewerking op die gebied van nuwe energiehandelsvennootskappe, wat gebaseer is op ’n gemeenskaplike begrip van demokrasie.”

MNYUPE

Habeck en die besturende direkteur van Enertrag, dr. Gunar Hering, het verlede Dinsdag by die Berlin Energy Transition Dialogue 2024 (BETD) in Berlyn vergader, waartydens ’n amptelike brief van voorneme oorhandig is.

Alweendo het ook die geleentheid bygewoon, maar was nie die enigste verteenwoordiger van Namibië nie; James Mnyupe, die kommissaris van groen waterstof was ook teenwoordig.

Mnyupe was die ekonomiese adviseur vir wyle president Hage Geingob en beklee dieselfde posisie onder president Nangolo Mbumba.

“Hierdie Memorandum van Verstandhouding (MoU) weerspieël die deurslaggewende rol wat projekte soos ons s’n sal speel om swaar nywerhede in Europa en verder koolstofvry te maak, en die leidende rol wat Duitsland speel om die vrystelling van koolstofdioksied wêreldwye te bekamp, ” meen die besturende direkteur van Hyphen, Marco Raffinetti.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!