Duitsland ondersteun plaaslike sonkrag
Een projek eindig, vyf projekte in die pyplyn
Die GIZ en die energieministerie kies hernubare krag om die landelike gebiede in Namibië se kragtekort te takel.
Die helfte van Namibiërs het nie toegang tot krag nie, met sowat 70% van stedelike inwoners wat tuis die ligte kan aanskakel in vergelyking met 20% tot 25% van landelike inwoners.
Dit volgens die uitvoerende direkteur van myne en energie, Penda Ithindi.
Volgens Ithindi is die Namibiese energiekonteks dat die land slegs sowat 45% van sy totale vraag plaaslik kan opwek, wat beteken krag moet in grootmaat ingevoer word, en dit het ’n impak op die land se finansies.
Die gaping in die opwekking van elektrisiteit moet getakel word, sê hy.
Ithindi het namens die minister van myne en energie, Tom Alweendo, ’n toespraak by die Green People’s Energy (GPE) se vieringe gelewer.
Die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) se vier jaar lange projek van N$90 miljoen om toegang tot krag in landelike gebiede in Namibië te verbeter, het gister amptelik by die Windhoek Buitekluboord tot ’n einde geloop.
Ithindi het die projek geloof vir sy poging om ekonomiese geleenthede en maatskaplike ontwikkeling in Namibië se landelike gebiede te bevorder deur verbeterde toegang tot hernubare energie.
“Ons het meer spoed en grootte nodig,” het hy gesê oor nasionale elektrifisering.
Die GPE-projek het drie welsynsorganisasies gefinansier; opleiding in die installering en instandhouding van sonkragpanele ondersteun; boere, skole en inwoners van landelike gebiede finansieel gehelp om sonkrag aan te koop; en het onder andere 330 000 euro vir die regering se sonkrag-wentelfonds geskenk, volgens Ithindi.
“Ons het genoeg impak geskep. Ons het die saad gesaai en het nou die geleentheid om dit te laat groei,” voeg hy by.
Dit vereis kapitaalbesteding waarvoor Namibië sy ontwikkelingsvennote benodig en die deelname van die private sektor, aldus die uitvoerende direkteur.
Die Duitse ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter, het gesê dat werk aan opvolgprojekte reeds van stapel gestuur is, met ’n hernude fokus op die produktiewe gebruik van sonkrag, byvoorbeeld om waterboorgate se dieselpompe te vervang.
Volgens Hutter is die bevordering van die energiesektor en spesifiek die toegang tot energie ’n groot taak.
Hy sê toegang tot krag is die sleutel tot die vermindering van armoede en ongelykheid in die Namibiese samelewing.
“Energie is onontbeerlik vir die produktiwiteit van ondernemings en huishoudings en dra by om inkomste te genereer,” sê hy.
GIZ se bestuurder in Namibië, Tobias Gerster het klem op die oorvloed van sonlig in Namibië gelê terwyl 50% van die inwoners nie kragtoevoer geniet nie.
“Energie maak ’n groot verskil vir die mense wat dit nie het nie,” sê hy.
Die hoof van die GPE-projek, Simon Inauen, het uitgebrei oor die lesse wat oor die afgelope vier jaar geleer is.
Sonkrag skep werk, belegging in opleiding vir installering en die bedryf en instandhouding van sonkragfasiliteite is nodig, ambagsopleiding vir sonkrag moet landswyd aangebied word, vroue se vraag na sonkrag is hoog en sonkrag is die goedkoopste manier om krag op te wek, noem hy onder meer van die lesse.
Verder sê Inauen dat daar altyd vir instandhouding begroot moet word, samewerking is nodig vir kragontwikkeling, finansiering vir sonkragbelegging is te min en die aanvanklike koste is hoog.
Hy het ook aangekondig dat finansiering van tot N$200 miljoen reeds vir die volgende vyf projekte bewillig is.
Dit sluit in die PtX-hub-projek vir die oorgang na hernubare energie, die H2-eenheid vir waterstoffinansiering, die sake-alliansie vir groen waterstof, die GET.Transform-projek vir die hervorming van die energiesektor, en die groenwaterstofvennootskap tussen Duitsland en Namibië, sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie