ECB roskam nalatige kragverspreiders
Kragverhoging van 25% vir Kalkrand aangevra
Herverkopers verontagsaam glo die aankoopstelsel en laat hul eie besighede kwesbaar.
Sewe-en-dertig van die herverkopers van elektrisiteit het nog nie by die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) aansoek gedoen om hul tariewe te laat hersien nie.
Dit ten spyte daarvan dat NamPower reeds in Mei goedkeuring vanaf die ECB gekry het om sy tariewe met 8,97% te verhoog.
NamPower voorsien grootmaat-krag aan dié verspreiders om aan kliënte, onder andere dorpsinwoners, te verkoop.
Die ECB se uitvoerende hoof, Robert Kahimise, sê hierdie nalatigheid is ’n direkte bedreiging vir die herverkopers se vermoë om krag volhoubaar te kan versprei.
Nutsmaatskappye wat nie betyds aansoek doen vir ’n verhoging nie, sal krag teen hoër pryse moet aankoop en teen bestaande pryse moet verkoop wat – veral in terme van voorafbetaalde krag - ’n verlies sal beteken, brei hy uit.
“Van die 37 is die oorgrote meerderheid in die Suide. Hulle het nou nog nie eens aansoek gedoen nie! In die kragbedryf is volumes reeds onder druk en as jy nie aansoek doen nie, maak jy jou eie kragonderneming dood,” het hy gesê.
Kahimise sê die wanpraktyk kan ook die betrokke instansies se vermoë belemmer om NamPower te betaal vir die elektrisiteit wat hulle aankoop.
Talle owerhede en kragvoorsieners se krag is vroeër vanjaar amper afgesny weens wanbetaling, en is net gered toe die regering ingegryp het.
Ander het laat aansoek gedoen, en sluit in die hoofstad, Keetmanshoop, Mariental, Oshakati Premier Electric, Roshkor Township, Osire Power en Kalkrand.
Kalkrand het ’n verhoging van 25% aangevra, Windhoek 14%, Osire 12,3%, RoshKor 11%, Oshakati Premier 10%, Mariental 9,9% en Keetmanshoop 8%.
Die ECB evalueer hierdie laat aansoeke en sal teen Vrydag 21 Julie daaroor besluit, volgens Kahimise.
Die sperdatum vir aansoeke om tariewe te hersien, is elke jaar teen die einde van Mei, sê hy, en net Erongo RED, Cenored, Nored, Okahandja-dorpsraad en die Omaheke-streekraad het betyds aansoek gedoen.
Erongo RED het vir ’n verhoging van 9,1% aansoek gedoen en die ECB het 9% aan die Erongostreek se kragverspreider toegestaan, wat vanaf 1 Julie van krag is.
Cenored se aansoek vir ’n verhoging van 7,6% is toegestaan en is ook vanaf die begin van hierdie maand geldig terwyl Nored vir ’n verhoging van 10,5% aansoek gedoen het, en slegs ’n verhoging van 9,8% toegestaan is in terme van voorafbetaalde krag wat vanaf 14 Julie geld.
In die Noorde is Nored se verhoging vir rekeningbetalers reeds vanaf 1 Julie geldig.
Okahandja het vir ’n verhoging van 8% gevra en 7,3% is goedgekeur wat vanaf 1 Julie van toepassing is, terwyl die Omahekestreek vir 3,5% gevra het en 3,3% aan hulle toegestaan is. Voorafbetalende kliënte in Omaheke betaal vanaf 14 Julie 3,3% meer, terwyl rekeningbetalers reeds sedert die begin van die maand meer betaal.
NamPower se eie verspreiding het vir 11,2% gevra en 9,2% is toegestaan, voeg hy by.
“As geen aansoeke teen die einde van Julie ontvang word nie, sal die ECB sy eie inligting gebruik, pryse hersien en nuwe tariewe teen einde Augustus 2023 toeken.
“Volgende jaar sal die ECB nie namens lisensiehouers tariewe oorweeg nie, maar ons sal maniere moet vind om seker te maak grootmaat-aankopers doen aansoek,” voeg hy by.
Op navrae het Kahimise ook uitgebrei oor die voorstel om ’n elektrisiteitsverspreider vir die Suide te vestig, wat verlede maand veral in Keetmanshoop baie teenstand vanaf inwoners ontvang het. Hy sê so ’n onderneming sou van hierdie kwessies kon takel en selfs krag meer bekostigbaar maak, sou dit skaalbesparing benut om byvoorbeeld krag vanaf nabygeleë onafhanklike kragopwekkers (IPP’s) te koop.
“So ’n sakemodel kan ons dalk help om te beweeg van waar ons tans is na waar ons behoort te wees,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie