Osino beplan ’n oopgroefmyn om oor 13 jaar jaarliks 169 000 onse (koz) te vervaardig.
Foto osinoresources.com
Osino beplan ’n oopgroefmyn om oor 13 jaar jaarliks 169 000 onse (koz) te vervaardig. Foto osinoresources.com

Eureka, daar is goud!

Augetto Graig
Osino Resources het verlede week sy jongste ontdekking van goud in Namibië aangekondig.

Die maatskappy wat in Kanada genoteer is, sê die ontdekking is by die Eureka-projek gemaak, wat sowat 35 km noordoos van sy Ondundu-goudprojek geleë is.

“Die kern is skouspelagtig met talle sigbare goudkorrels,” sê Osino se visepresident vir eksplorasie, Dave Underwood.

“Ons het pas die oppervlak van hierdie nuwe goudprojek geskraap; die mineralisasie is oop in alle rigtings en daar is verskeie bykomende teikens wat nog geboor moet word.

“Ons is vol vertroue oor Eureka en wat dit kan beteken vir die ontwikkeling van ’n nuwe gouddistrik, insluitend Osino se Ondundu-projek 35 km na die suidweste en WIA Gold se onlangse ontdekking van die Kokoseb-afsetting ’n verdere 50 km in dieselfde rigting,” brei hy uit.

Osino het die gebied reeds in 2019 as ’n moontlike gouddraende ligging geïdentifiseer en die soektog het in 2020 begin spoed optel. Teen die einde van 2022 is daar met ’n boorprogram begin, waar twee uit vier boorgate goud getref het. Ná die eerste boorprogram is nog nege boorgate geboor waar goud verskeie kere raakgeboor is.

“Hierdie ontdekking in ’n gebied waar daar nog nie voorheen goud gevind is nie, getuig weer eens van die vermoë van die Osino-span om teikens te genereer en die doeltreffende, sistematiese verkenning waarvoor ons span bekend is.

“Die hoëgraadse hulpbron wat in gate ORD004, ORD005 en ORD006 deurgeboor is, was ’n opwindende verrassing, en ongewoon in die Namibiese gouddeposito-konteks. Gedurende die eerste kwartaal van hierdie jaar is noukeurige strukturele opnames en rotsmonsters geneem en in Meimaand is nog ’n boorprogram van stapel gestuur om die goudspoor te volg.

“Dit het nege boorgate behels waarvan sewe se resultate reeds ontleed is, en ses goud getref het. Osino se fokus bly egter op die spoedige ontwikkeling van sy Twin Hills-projek in sentraal-Namibië, ongeveer 150 km noordwes van Windhoek.

“Die projek dek ’n gebied van ongeveer 154 000 ha in en om die streekdorpe en nedersettings van Usakos, Karibib, Omaruru en Wilhelmstal.”

Osino beplan ’n oopgroefmyn om oor 13 jaar jaarliks 169 000 onse (koz) te vervaardig. Die bepalende lewensvatbaarheidstudie is op 12 Julie ingedien nadat die tegniese verslag op 5 Julie voltooi is.

Na verwagting sal die konstruksie van die myn ongeveer US$365 miljoen (sowat N$7,2 miljard) kos.

Volgens die maatskappy is N$1,4 miljard reeds oor die afgelope vyf jaar bestee om die Twin Hills-goudmyn te verwesenlik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!