Foto Fortescue
Foto Fortescue

Fortescue op die uitkyk vir groenwaterstofgeleenthede

Australiërs wil in Namibië belê
Groen waterstof is die voorloper in terme van groen energie wat glo die toekoms sal wees.
Augetto Graig
Die reuse- Australiese ystermynmaatskappy Fortescus is op soek na geleenthede vir groenwaterstofbeleggings in Namibië.

Fortescue het Vrydag tydens ’n opleidingsessie van plaaslike media uitgebrei oor sy prestasies met die oorgang na skoon energie en sy bydra tot die ontwikkeling van ’n plaaslike groenwaterstofbedryf.

Volgens Fortescue se verteenwoordiger in Namibië, Chris Movirongo, het Namibië ’n voordeel deur die moontlikheid om groen waterstof goedkoper te kan vervaardig.

Dit is as gevolg van plekke, veral in die Suide, waar beide son- en wind-opgewekte elektrisiteit op groot skaal beskikbaar gestel kan word.

Fortescue soek so ’n stuk grond, sê hy.

Die maatskappy is reeds in 35 lande wêreldwyd teenwoordig en het onlangs ooreenkomste vir groenwaterstofontwikkeling met Oman, Egipte en Marokko onderteken.

Fortescue Future Industries Namibia is die plaaslike filiaal van Fortescue International en het 'n 50:50-vennootskap met 'n breedgebaseerde NIDA-konsortium onderteken om die groenwaterstofbedryf in Namibië te ontwikkel. Die konsortium sluit in die Namibië Agentstap vir Nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), die Nasionale Jeugraad (NYC), Oonani Investments – die besigheidsfiliaal van die Tradisionele Owerheidstrust wat 54 tradisionele hoofmanne verteenwoordig – en InoTulaing Holding waardeur die regering se pensioenfonds GIPF belê.

Volgens Movirongo wil Fortescue met die regering saamwerk om te verseker dat die meeste landsburgers voordeel uit die ontwikkeling trek. Veral gee Nida se stigtingswetgewing dit die mandaat om saam met private instellings te werk, sê hy, terwyl die ander vennote ook vir breëbasis-bevordering gekies is.

Fortescue se hoofklimaatwetenskaplike, dr. Shanta Barley, het aanlyn by die opleiding aangesluit en die sukses van die mynreus gedeel om weg te beweeg van die gebruik van tot ’n miljard liter diesel per jaar.

In April het Fortescue die voltooiing van sy eie 2 GW- elektroliseerder-vervaardigingsaanleg in Gladstone, Queensland, Australië aangekondig, en verlede week is ’n waterstofaangedrewe mynvragmotor deur die maatskappy in Perth uitgestal.

Fortescue se eienaar en een van Australië se rykste sakelui, Andrew (Twiggy) Forrest, het Namibië in 2021 besoek en het toe aan president Hage Geingob geskryf om sy maatskappy se ondersteuning in terme van groenwaterstofontwikkeling aan te bied.

Alhoewel die bodproses Hyphen uiteindelik as die voorkeurontwikkelaar geïdentifiseer het, is Fortescue steeds bereid om plaaslik te belê.

Volgens Barley besef Fortescue toenemend, sedert sy ontstaan in 2003, dat baie meer hernubare krag so gou moontlik opgewek en ingespan moet word.

Sy sê daarvoor moet ’n plaasvervanger vir olie en gas gevind word, wat volgens haar groen waterstof is.

“Groen waterstof laat toe dat hernubare energie in ’n bottel vasgevang en vervoer word na waar dit ook al nodig is,” sê sy.

Boonop kan dit in groot maat gedoen word.

Sy sê die vraag na groen waterstof neem toe en sal teen 2050 vyf keer meer wees as nou.

Dit kan as brandstof gebruik word, maar kan ook gebruik word om sintetiese koolwaterstowwe te vervaardig, vir kunsmis deur ammoniakproduksie, en om “groen” staal van “groen” yster te vervaardig, voeg sy by.

“Ons is eintlik op koers vir die ammoniakvervoerbedryf,” met 19 skepe wat reeds wêreldwyd daarvoor bestel is.

“Die volgende hoofstuk is beslis groen energie,” sê sy.

Deurbrake sluit in die gebruik van seewater vir groenwaterstofproduksie, wat in 2022 bewys is, en verlaagde vervaardigingskoste.

Teen 2030 behoort groen waterstof 50% minder te kos en teen 2028 gelyk te wees aan oliekoste, voorspel sy.

Barley ondersteun belegging in hernubare energie eerder as om in olie of gas te belê.

“Die inkomste uit fossielbrandstowwe sal oorskadu word deur inkomste wat uit groen energie gegenereer word, teen vyf keer soveel. Olie- en gas se winsgewendheid is nie so seker oor 20 jaar nie, maar groen energie se winsgewendheid is verseker,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!