No more fuel retail licenses says the mines and energy minister.
No more fuel retail licenses says the mines and energy minister.

Geen nuwe lisensies meer vir vulstasies

Henriette Lamprecht
Enzo Amuele - Die ministerie van myne en energie gaan nie meer enige nuwe lisensies vir brandstofhandel uitreik nie.

Volgens minister Tom Alweendo het die ministerie die afgelope paar jaar ’n toename in dié aansoeke ervaar wat die totale aktiewe lisensies tans op meer as 500 landswyd te staan bring.

“In 2018 was die jaarlike totale verbruik vir petrol 429 miljoen liter en in 2022 het ons ’n totaal van 338 miljoen liter petrol verbruik. Vir diesel was dit 727 miljoen in 2018 en 775 miljoen in 2022,” het Alweendo gesê.

Volgens dié syfers is die gemiddelde volume per maand per kleinhandelaar 56 000 liter petrol en 121 000 liter diesel.

“Volgens dié syfers het ons te veel nuwe lisensies uitgereik om handel te dryf in petrol en diesel, terwyl die verbruik nie toegeneem het nie,” het hy gesê.

Alweendo het verduidelik dit beteken dieselfde hoeveelheid petrol en diesel word nou verdeel tussen baie meer kleinhandelaars, met laasgenoemde wat nou kleiner volumes verkoop wat weer ’n negatiewe impak op hul besighede het.

“Dit is hoekom ons nie lank terug die besluit geneem het om nie meer nuwe lisensies buiten in buitengewone omstandighede uit te reik nie. Dit is vir byvoorbeeld in gebiede waar daar geen brandstofkleinhandelaars is nie.”

Alweendo wat aan die woord was tydens die inwyding van ’n nuwe vulstasie op Okatana in die Oshanastreek, sê die handel in petrol is ’n gereguleerde bedryf en nie iets wat enigiemand sonder meer en sonder regulasie op die been kan bring nie.

“Dit sal moeilik vir nuwe sake-eienaars wees om te verstaan, maar ons as ’n ministerie is verantwoordelik vir die ordelike ontwikkeling van die bedryf. As ons te veel lisensies uitreik, gaan geen petrolhandelaar geld maak nie.”

[email protected]

Kommentaar

Varde Daniel 1 Jaar Gelede08 March 2023

Maak ook so met Taxi lisensies, want hier is die mark defnitief oorvol vir nog taxis en hul lisensies, Misisterie van werke en Vervoer.

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!