Ghana se olieverwerkingsektor is reeds goed gevestig. Foto petrocom.gov.gh
Ghana se olieverwerkingsektor is reeds goed gevestig. Foto petrocom.gov.gh

Ghana sal help met olie

MoU bestaan reeds
Raffinaderye, petroleumberging en -voorsiening is 'n fokusgebied waarin Namibië dringend uit die Wes-Afrikaland se ondervinding moet leer.
Augetto Graig
Die ministerie van myne en energie het opdrag gekry om ’n bestaande Memorandum van Verstandhouding (MoU) met Ghana spoedig toe te pas, het die kabinet op 1 Junie besluit.

Die ministerie moet so spoedig moontlik samewerking in verband met die berging van ru-olie, raffinaderye en stroomaf petroleumvoorsiening bewerkstellig.

Navorsing oor geologiese studies and databestuur moet ook saam met die ontwikkeling van operasionele, tegniese en bestuursgebiede in die olie- en gassektor gedoen word.

Ghana is ’n toonbeeld van sukses in Afrika om olieontdekkings spoedig tot in produksie te bring.

Een voorbeeld in die Wes-Afrikaland is die Jubilee-ontwikkeling, waar Tullow en sy vennote (Kosmos en Anadarko) ná die Mahogany-1-ontdekking in 2007 hierdie beduidende aflandige ontwikkeling binne net drie-en-’n-halwe jaar tot sy eerste olieproduksie kon bring.

Die besluit volg op ’n verslag oor die vergadering van die gesamentlike vaste kommissie vir samewerking tussen Namibië en Ghana wat vanaf 18 tot 20 April in Accra gehou is.

Hiervolgens moet die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking toesien dat samewerking met Ghana beter gevestig word en op ’n hoër vlak moet geskied.

Onder meer moet samewerking tussen die Ghana Kernenergiekommissie en Namibië se eweknie begin met die oog om ’n wetsraamwerk hiervoor te onderteken.

MEER GEBIEDE BETREK

Die ministerie van werke en vervoer is opdrag gegee om in verband met lugvaartregulering, lughawens en hawens met Ghana saam te werk, en om ’n gesamentlike maritieme komitee voor die einde van Julie te vestig.

Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne moet opvolg oor die samestelling van ’n gesamentlike tegniese komitee, terwyl die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ook ’n bestaande ooreenkoms met Ghana moet toepas.

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming moet ’n gesamentlike bestuurskomitee teen Oktober 2022 met Ghana vestig, dring die kabinet aan, terwyl die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel met Ghana moet saamwerk en inligting deel oor die ontwikkeling van die Afrika vryehandelsgebied, oor handelskoue, en oor verwikkelinge met ooreenkomste om belegging in beide lande te bevorder.

Owerhede oor rolprentvervaardiging en die twee lande se nuusagentskappe moet ook saamwerk; vroue moet saam bemagtig word, en die ministeries van gesondheid, sport asook onderwys moet gesprekke aanknoop, volgens die kabinet.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!