'Groen' nie noodwendig 'skoon'

Werksgeleenthede van 600 000 na 250 000 verminder
Die IPPR vra in 'n publikasie oor groenwaterstof dat goeie bestuursriglyne vroegtydig vir die bedryf gevestig word.
Augetto Graig
‘n Nuwe publikasie wat fokus op groenwaterstof bevraagteken verskeie beloftes wat gemaak word vir Namibië se beplande ontwikkeling van ‘n plaaslike bedryf. Dié inligting is vervat in die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) en die Hanns Seidel-stigting se tweede publikasie wat op groenwaterstof fokus en wel Green Hydrogen and Jobs – Hope or Hype?

Van die artikels in die publikasie sluit in Robin Sherbourne se ontleding van die beraamde syfers vir werksgeleenthede en wat vanaf 600 000 na 250 000 verminder is. Dit voordat enige toetsprojekte werklik gevestig is. Graham Hopwood se artikel sê dat ‘groen’ ontwikkeling nie noodwendig ‘skoon’ ontwikkeling sal wees nie en beroep hom op die vroegtydige vestig van goeie bestuursriglyne vir die bedryf. Wat volgens Hopwood veral noodsaaklik is, is dat Namibië die Groenwaterstofstandaard aanneem.

Detlof von Oertzen se artikel het gefokus op die geleenthede en risiko’s betrokke vir Namibië se ontwikkeling om ‘n plaaslike groenwaterstofbeleid te vestig.

“’n Duidelike antwoord tot die vraag of groenwaterstof projekte Namibië se ontwikkelingsgebiede sal kan ondersteun, kan egter nie voorsien word nie,” sê Von Oertzen.

Die publikasie bevat ook ‘n kortlys van vyf redelik onbekende groenwaterstofprojekte wat onlangs na vore gekom het. Zhero Green Hydrogen beplan om saam met sy Chinese vennote Envision Energy 500 000 ton ‘groen’ amoniak teen 2029 sowat 70km buite Walvisbaai te vervaardig. Elof Hansson Hydrogen Namibia wil ‘n 2 500 megawatt sonkragaanleg bou om sy eie beplande groen amoniakproduksie van 430 000 ton per jaar te ondersteun. Chiffon Green Hydrogen wil ook sy elektroliseerder in die Erongostreek met sonkrag aandryf en het die ondersteuning van die !Oe-#Gan tradisionele owerheid verkry. Dit saam met toestemming om dele van die #Gaingu-bewaringsgebied vir die aanleg te benut.

Neogreen Hydrogen Namibia is ‘n vennootskap tussen die ontwikkelingsfonds ANIREP en die Kanadese waterstofonderneming Neogreen Hydrogen Corporation. Neogreen is besig met ‘n proeflopie op Lazarus Jacobs se Geelschaap nommer 19-plaas in die //Kharasstreek. ’n Ooreenkoms is verlede jaar met Bunker Holding uit Denemarke aangegaan om saam groen ammoniak en sintetiese brandstowwe wêreldwyd te ontwikkel. Ook uit Denemarke kom GreenGo Energy wat saam met Innosun Energy Holdings son- en windkrag vir groenwaterstof plaaslik te wil ontwikkel. GreenGo het ook met Lodestone ooreengekom om die gebruik van groenwaterstof te ondersoek om yster te vervaardig. Kaoko Green Energy Solutions ondersoek saam met verskeie Europese vennote op sy beurt geleenthede in branderkrag en om groenwaterstof met sonkrag te vervaardig.

Hans-Christian Mahnke se artikel het gefokus op ‘n poging deur burgerlike organisasies om meer betrokke by die ontwikkeling van groenwaterstof te raak. Die hoof vir die bestuur van die impak op die omgewing en die samelewing (ESG), Eline van der Linden, deel van die Namibiese groenwaterstofprogram en wat onder die ministerie van myne en energie val, het ook tot die publikasie bygedra. Van der Linden het die kritiek oor die belowende nuwe bedryf betreur. Volgens haar is vertraging met toetsprojekte oor die algeneem weens die wêreldwye vertraging in die lewering van elektroliseerders. Sy het ook verwys na die staat se verkose ontwikkelaar van groenwaterstof, Hyphen Hydrogen Energy wat volgens sy webwerf reeds in Khomas, Hardap, //Kharas, Zambezi, Kavango-Oos en Kavango-Wes inligtingsessies gehou het. Nog word vir Kunene, Otjozondjupa, Omaheke en Erongo beplan. Van der Linden sê kwelvrae sal ook binnekort deur ‘n reeks vrygestelde antwoorde as deel van die groenwaterstofprogram aangespreek word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!