Groen waterstof méér as ’n droom
Wêreldkundiges in Windhoek byeen
Namibië se toekoms as groenwaterstofvervaardiger is in Windhoek onder die soeklig.
Die uitvoerende hoof van Thyssenkrupp Uhde Suid-Afrika, Rajend Govender, sê ’n onlangse studie deur hulle het bevind die landingskoste vir groen waterstof vanaf Namibië sal 10 persent laer wees as sy naaste mededinger, Saoedi-Arabië.
Dit plaas Namibië in ’n uitstekende posisie om ’n internasionale mededinger in energievoorsiening te word.
Hy het dié opmerkings gemaak by die twee dae lange Namibië Groenwaterstofkonferensie wat gister by die Buiteklub in Windhoek afgeskop het. Die tema is “Towards a Green Hydrogen Hub in Africa”.
Die geleentheid is bygewoon deur meer as 400 afgevaardigdes, insluitend internasionale en plaaslike kundiges in ekonomie en hernubare energie. Die vier loodsprojekte wat deur die Duitse regering teen ’n koste van €30 miljoen (N$500 miljoen) gefinansier word, is ook hier bekend gestel.
Hierdie projekte sluit in die ontkarbonisering van die hawe, ’n Cleanergy-waterstof-hervullingsprojek deur Ohlthaver & List, ’n waterstof- en dieselaangedrewe lokomotief deur TransNamib asook die Daure-groenwaterstof-landbouprojek.
Saoedi-Arabië sal so gou as vandeesmaand begin met die bou van ’n groen waterstofaanleg, aangesien hy voortgaan met planne om dié brandstof oor sowat vier jaar uit te voer, het Bloomberg in Maart berig.
Die koninkryk is op koers om teen 2026 koolstofvrye waterstof afkomstig van die US$5 miljard-projek by Neom te verkoop, sê Peter Terium, dié projek se hoof van energie en water.
Ingenieurs het die terrein in die noordweste van Saoedi-Arabië voorberei en die VSA-gebaseerde Air Products & Chemicals Inc. sal binnekort die aanleg begin bou, het hy gesê.
Govender het verwys na die gunstige wind- en sontoestande in Namibië, wat koste kan verminder.
“Regerings wêreldwyd prioritiseer netto nul-vrystellings, en daar is ook die dalende koste vir hernubare krag wat die aantreklikheid vir groenwaterstofproduksie verbeter. ’n Groot vraag na groen waterstof bestaan in Europa,” het hy gesê.
NIE NET ’N DROOM
Jason Kasuto, voorsitter van die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN), het daarop gewys dat Namibië al dikwels groot drome gekoester het, maar hierdie keer maak die vlak van toewyding deur die regering dit duidelik hierdie is ’n werklikheid.
Volgens hom dien die samekoms van plaaslike en internasionale spelers en wêreldklas nuwe-energie-kundiges in Namibië asook plaaslike maatskappye se verbintenis tot hierdie inisiatief as bewyse dat dat dit nie net ’n droom is nie.
Hy het bygevoeg dat groen waterstof ’n geleentheid bied om die struktuur van die Namibiese ekonomie te verander en vir die land om homself strategies te posisioneer – nie bloot as ’n ontvanger van tantième en belasting nie, maar om eienaarskap te hê en om deel te neem aan die waardeketting.
“Dan sal die vaardighede wat aan ons Namibiërs oorgedra word, van wêreldgehalte wees. Ons sien dit aan die manier waarop die universiteite aan boord gekom het,” het hy gesê.
James Mnyupe, die presidensiële ekonomiese adviseur en groenwaterstofkommissaris, het gesê energiesekuriteit is van uiterste belang en Namibië kyk daarna om ’n probleemoplosser op streeks- sowel as internasionale vlak te wees, gegewe die feit dat sy eie buurland Suid-Afrika in energienood verkeer.
“Ons kan sien hoe ons vriende in Europa sukkel en in Namibië maak ons staat op ons buurland. Ons taak is om vennootskappe op streek- en internasionale vlak te sluit, maar uiteindelik is dit die private sektor wat berekende risiko moet neem en kapitaal beskikbaar stel om dit te laat werk,” het hy gesê.
Hy het ook beklemtoon dat Namibië tans besig is met ’n sintetiese brandstofstrategie wat waarskynlik in November 2022 bekendgestel sal word om saam te val met COP27. Die konsepwet op sintetiese brandstof sal teen die derde kwartaal van 2023 die lig sien.
“Teen November wil ons die implementeringsooreenkoms met Hyphen onderteken wat hulle in staat stel om ’n gedetailleerde lewensvatbaarheidstudie in detail te begin en die bedrag wat daaruit bestee sal word, is meer as US$100 miljoen waarvan ’n gedeelte in Namibië bestee sal word vir verdere ekonomiese stimulasie,” het hy gesê.
Namibië het Hyphen Hydrogen Energy (Hyphen) verlede jaar as die voorkeurbieër aangestel om die land se eerste grootskaalse vertikaal geïntegreerde groenwaterstofprojek in die Tsau //Khaeb nasionale park teen ’n geraamde koste van US$9,4 miljard te ontwikkel.
Die doel is die vervaardiging van 300 000 ton groen waterstof vir streek- en internasionale markte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie