Wind- en sonkrag is van kernbelang vir Namibië se groenwaterstofambisies. Foto Unsplash/Appolinary Kalashnikova
Wind- en sonkrag is van kernbelang vir Namibië se groenwaterstofambisies. Foto Unsplash/Appolinary Kalashnikova

Groenwaterstof ‘n hupstoot vir nywerheid

Jemima Beukes
Die vraag na groenwaterstof behoort ‘n hupstoot vir industrialisering in Namibië te wees, maar beperkings soos die tekort aan kundigheid in die land bly ‘n werklikheid.

Dít noop die regering om vennootskappe met internasionale ingenieur-reuse soos Duitsland aan te gryp om plaaslike ingenieurs op te skerp, maan kenners.

Paddy Padmanathan, die visevoorsitter en uitvoerende hoof van ACWA Power en direkteur van NEOM Green Hydrogen Company, meen Namibië gaan sowat 10km² grond benodig om 6 000 megawatt (MW) son- en windkrag op te wek. Dié groep bedryf die groenwaterstofaanleg wat tans in Saudi-Arabië gebou word.

“Die strewe om dié infrastruktuur op te rig, gaan nie môre gebeur nie,” het Padmanathan tydens die Namibië Groenwaterstofkonferensie in Windhoek gesê.

Dit gaan sowat vier en ‘n half jaar duur om die infrastruktuur op te rig wat die kapasiteit het om bogenoemde hoeveelheid hernubare energie op te wek, aldus Padmanathan. Die hele projek gaan nóg langer neem, maar tydens konstruksie sal sowat 8 000 werkgeleenthede geskep word.

TEGNOLOGIE

Die bedryf en instandhouding van ‘n aanleg van dié grootte en die verwante bedrywighede wat hiermee saamgaan, sal vir 900 tot 1 000 volhoubare werkgeleenthede sorg. “Dan sal daar ‘n ligte ondersteuningstruktuur wees wat dié syfer maklik kan verdubbel,” het Padmanathan gesê.

Dít behoort Namibië te noop om tegnologie en ander nywerhede te vestig. Dit sluit die vervaardiging van windturbines en vervaardigingskapasiteit met sonkrag in.

Volgens Padmanathan is daar ‘n “geweldige vraag” na groenwaterstof.

Sou Namibië sy groenwaterstof na Europa wou uitvoer, sal dit eers deur middel van koolstofdioksied in metanol omskep moet word. Alternatiewelik kan Namibië ammoniak vir plaaslike verbruik produseer of dit na Suid-Afrika met sy groot nywerheidsvraag verskeep, het hy gesê.

GEEN OORNAGPROJEK

Marco Alvera, outeur van "Hydrogen Revolution" en die uitvoerende hoof van TES H2, het gesê Namibië is op die regte pad met sy groenwaterstofplanne. Dit is egter nie ‘n “oornagprojek” nie, maar ‘n leerproses. Die model wat Namibië moet volg, is die bevordering van vennootskappe, aldus Alvera.

“Ons het ook die pyplyn gepraat – N$40 miljard vir duisende kilometers en julle het vyf wêreldmaatskappye wat op dié projek saamwerk,” het hy gesê. Bedrywe soos Total, Shell en BP vorm voortdurend vennootskappe. “Die sleutelboodskap is samewerking.”

Vervaardiging van die nodige toerusting en plaaslike kundigheid gaan ‘n uitdaging wees, aldus Alvera. Ondervinding toon nie net universiteite nie, maar ook skole moet ‘n plaaslike generasie skep wat voorberei is.

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het gesê Namibië se beplande groenwatterstofprojek gaan “massiewe sosioëkonomiese voordele” inhou. Sowat 18 000 direkte en indirekte werkgeleenthede gaan in die eerste vier jaar daarvan geskep word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!