Groenwaterstofbedryf: ‘Skep 250 000 poste teen 2040’
'Wêreldwye belangstelling gelok'
Die kommissie vir groen waterstof meen dat dié nuwe sektor nie noodwendig baie gespesialiseerde vaardighede gaan vereis nie.
Die groenwaterstofsektor sal waarskynlik teen 2040 meer as 250 000 werksgeleenthede skep.
Dit is volgens Joseph Mukendwa, die hoof van beplanning en vaardigheidsontwikkeling by die kommissie vir groen waterstof.
Tydens ’n inligtingsessie met die media wat Woensdag by die kommissie se kantoor gehou is, het hy gesê hulle is nou in die proses om met ’n omvattende ontwikkelingstrategie vorendag te kom om te bepaal watter vaardighede dié nuwe sektor benodig.
“Ons is op soek na ’n liggaam wat uit verteenwoordigers van al hierdie sleutelbelanghebbendes bestaan en ons verwys daarna as die nasionale taakspan oor vaardigheidsontwikkeling, onderrig en navorsing,” het hy gesê.
“Daar is hierdie mite dat die vaardighede wat benodig gaan word baie gespesialiseerd gaan wees, maar volgens navorsing sluit dit vaardighede in soos sonpaneelinstalleerders, windturbine-tegnici, gesondheids- en veiligheidspersoneel, sweisers, tegnici, vragmotorbestuurders, messelaars, loodgieters en pypinstalleerders in,” het Mukendwa gesê.
Die groenwaterstofprogram se hoof van impak en omgewings-, maatskaplike en bestuurstoesig, Eline van der Linden, het verduidelik dat meer as 400 individue reeds in die groenwaterstofsektor werksaam is, terwyl ongeveer N$170 miljoen deur klein- en mediumgrootte ondernemings in die ekonomie belê word vir ’n reeks dienste. Terwyl sommige van hierdie poste permanent is, is die meeste tydelik.
WÊRELDWYE BELANGSTELLING
Die groenwaterstofkommissaris, James Mnyupe, het gesê die Hyphen Hydrogen Energy-projek het verskeie belangrike mylpale bereik, insluitend die voltooiing van die pre-FEED (voorlopige ingenieursontwerp) en die installering van 10 meteorologiese maste wat noodsaaklik is vir data-insameling.
Volgens hom het die projek wêreldwye belangstelling gelok, met verskeie Memorandum van Verstandhouding (MoU’s) wat onderteken is om meer as een miljoen ton groen ammoniak jaarliks te verskaf.
Verder is die HyIron-projek geskeduleer om Namibië se eerste “groen” ysteroond in September te ontvang, aangesien die projek daarop gemik is om jaarliks 15 000 ton “direkte verminderde yster” (ystererts waarvan die suurstof met waterstof en koolstofmonoksied verwyder is) te produseer.
Mnyupe het bygevoeg dat die onlangs ingehuldigde Cleanergy Solutions-projek op koers is om groenwaterstofproduksie teen die laaste kwartaal van vanjaar te begin, met 80% van die projek wat reeds voltooi is.
Hy het opgemerk dat die Daures Green Hydrogen Village, wat voltooiing nader, na verwagting teen die einde van vanjaar met groenwaterstof- en ammoniakproduksie sal begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie