Groenwaterstofooreenkoms nié ondeursigtig, sê Kandjoze
Verwerp punte van kommer
Die voorsitter van die Groenwaterstofraad sê daar is geen rede tot kommer oor 'n gebrek aan deursigtigheid nie en gesê alle groenwaterstofooreenkomste word deeglik deur die kabinet hersien.
Ogone Tlhage - Die voorsitter van die Groenwaterstofraad sê die regering is deursigtig in sy waterstoftransaksies en hy hou vol dat die kabinet in vertroue geneem word voordat enige ooreenkoms gefinaliseer word.
Obeth Kandjoze se kommentaar volg op bewerings oor die regering se hantering van sy groenwaterstofooreenkoms van N$192 miljard wat met Hyphen Hydrogen Solutions onderteken is – Namibië se grootste belegging en een van die grootste in Afrika.
Kommentators het kommer uitgespreek oor die ooreenkoms te midde van gissings dat dit in geheimhouding gehul is.
Kandjoze het dié punte van kommer van die hand gewys en gesê enige ooreenkoms wat gesluit en aan die kabinet voorgelê word, is volledig onder die loep geneem deur ’n multisektoriële span wat die raad en tegnokrate aangewys en aangestel het om insette te lewer.
“As voorsitter van daardie raad gaan ons deur die voorleggings aan die Groenwaterstofraad. Sodra ons dit verwerp, stuur ons dit terug. As ons dit aanvaar en glo dat genoeg gedoen is, neem ons dit na die kabinet,” het hy gesê.
Alle ooreenkomste wat aangegaan is, is behoorlik beoordeel, het Kandjoze gesê.
“Wanneer ons op die vlak van projekfinalisering was, het ons ook voor dieselfde vraag te staan gekom, so wys asseblief waar die bottelnek van geheimhouding is en deur wie,” het hy gesê.
KRITIEK
Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), het die regering oor sy plan gewaarsku en gesê dit sal riskant wees vir Namibië om so ’n belegging te maak terwyl min bekend is oor die lewensvatbaarheid van die Hyphen-groenwaterstofaanbod.
“Ek dink nie die regering moet sy opsie uitoefen om ’n 24%-belang op te neem totdat die uitvoerbaarheidsfase van die projek voltooi is nie. Dit blyk te riskant te wees,” het hy gesê.
“Dit hang ook af van waar die regering die lenings vandaan kry om vir die 24% te betaal en watter voorwaardes van toepassing is. As die projek misluk sonder dat die regering ’n hand daarin het, moet ons seker wees dat belastingbetalers nie uiteindelik die koste dra nie,” het hy gewaarsku.
Ons susterkoerant Namibian Sun het onlangs berig: “Te veel geheimhouding rondom die transaksie het ’n massiewe skaduwee van twyfel daaroor gewerp. Trouens, dit het vrae en gerugte laat ontstaan oor wie moontlik hulle hande tydens die proses vuilgemaak het.”
Henny Seibeb van die Landless Peoples Movement (LPM), het onlangs die wyse waarop die toekenning van die groenwaterstoftender aangekondig is, in twyfel getrek.
“Ons bewustheid van die regering se pogings om groen waterstof te implementeer is gevorm deur hoofstroom-mediadekking,” het hy gesê.
As voorbeeld het Seibeb gesê die publiek het deur die media bewus geword van die aanwysing van Hyphen Hydrogen Energy as die voorkeurtenderaar vir die grootskaalse groenwaterstofprojek.
DIE OOREENKOMS
Die aanleg, wat in fases gebou gaan word, sal uiteindelik twee miljoen ton groen ammoniak per jaar vir streek- en wêreldmarkte produseer wanneer dit volskaalse uitset bereik, wat voor 2030 verwag word.
Dit is byna gewaarborg dat die regering sal betaal vir sy deelname aan die eerste twee fases van die projek – die haalbaarheids- en finansiële afsluitingsfases.
Vir die uitvoerbaarheidstadium sal Namibië N$1,88 miljard (€95 miljoen) as deel van die 24%-belang moet beskikbaar stel, terwyl die finansiële afsluitingstadium ’n allemintige N$14 miljard van Namibië alleen sal verg.
Groen waterstof word vervaardig met behulp van hernubare energie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie