Groenwaterstofsektor bereik mylpaal
Hyphen kies ILF Consulting Engineers
Hyphen Hydrogen Energy het Maandag aangekondig dat hy ’n kontrak met die internasionale maatskappy ILF Consulting Engineers onderteken het.
Die maatskappye sal nou saamwerk om Namibië se reuse-groenwaterstofprojek in die suide van die land op te bou.
ILF is ʼn onafhanklike ingenieurs- en konsultasiemaatskappy met meer as 45 kantore wêreldwyd en meer as 55 jaar se ondervinding.
Meer as 2 600 werknemers ontwikkel oplossings vir kliënte op die gebiede van energie- en klimaatsbeskerming, hulpbronne en volhoubare nywerhede, water en die omgewing, asook vervoer en infrastruktuur.
Marco Raffinetti, Hyphen se uitvoerende hoof, sê dié vennootskap is ’n stap nader aan die vestiging van Namibië as ’n wêreldleier in die groenwaterstofsektor.
“ILF se ondervinding van waterstofprojekte oraloor die wêreld, sal van onskatbare waarde wees en sal Hyphen help om die projektydlyne en Namibië se ontwikkelingsdoelwitte te bereik.”
Groen waterstof verwys na waterstof wat deur die gebruik van hernubare kragbronne vervaardig word.
Die regering het Hyphen as die verkose kontrakteur gekies om ’n groenwaterstofnywerheid in Lüderitz, Aus en die Tsau //Khaeb Nasionale Park te vestig.
Ton Beukes, Hyphen se hoof van die omgewing en maatskaplike bestuur, het in Julie gesê die aanstelling van ’n vennoot vir ingenieurswese, konstruksie en die bestuur van die projek sal binnekort ’n realiteit word.
Volgens die verklaring sê dr. Michel Kneller, ILF se direkteur vir waterstof, dat sy onderneming trots is om deel van dié toonaangewende projek te wees.
“Deur ons ingenieurs- en projekkonsultantdienste aan hierdie unieke projek te verskaf, kan ons tot die energie-oorgang bydra.
“Waterstof speel ’n deurslaggewende rol in die transformasie van ons energiestelsel, en ons is oortuig daarvan dat dit die sleutel tot ’n volhoubare toekoms is,” word hy aangehaal.
Raffinetti voeg by: “Hierdie aanstelling, gekombineer met ons verbintenis met potensiële konsortium-vennote, toon daar is groot belangstelling in Namibië van diegene wat in een van die wêreld se mees gevorderde grootskaalse groenwaterstofprojekte met die laagste koste wil belê.
“Ons sien uit om nou saam met ILF te werk in die lewering van hierdie transformerende projek.”
Die projek beoog om een van die grootste groenwaterstofprojekte ter wêreld te wees en sal krag aan Namibië voorsien, koolstofvrystellings vanaf plaaslike kragstelsels verminder en albei hierdie voordele ook vir uitvoer kan lewer.
Waterstof kan hernubare krag oordra na lande wat poog om weg van koolstofgedrewe nywerhede te beweeg. Hyphen se doelwit is om teen 2027 ’n jaarlikse produksie van een miljoen ton groen ammoniak te vervaardig, deur stikstof met groen waterstof te kombineer. Dié hoeveelheid moet teen 2029 na twee miljoen ton vermeerder word. Die maatskappy beoog om teen volle produksie 350 000 ton groen waterstof per jaar te vervaardig.
Die projek in die Tsau // Khaeb Nasionale Park sal dien as ’n bloudruk vir toekomstige groenwaterstofprojekte wêreldwyd, volgens Hyphen.
Dit word ontwikkel as die eerste stap in die implementering van die regering se strategie om ’n grootskaalse groenwaterstofbedryf in verskeie streke in Namibië te ontwikkel, teen ’n totale belegging van US$10 miljard.
Die projek sal na raming tot 15 000 nuwe werksgeleenthede gedurende die konstruksiefase skep asook 3 000 permanente werksgeleenthede daarna, met die teiken dat ongeveer 90% van die poste deur Namibiërs gevul moet word. Hyphen se doelwit is 30% plaaslike verkryging vir goedere, dienste en materiaal deur beide die konstruksie- en bedryfsfases.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie