Halliburton beplan aanleg in Walvisbaai

N$200 miljoen-projek soek omgewingsklaring
Die hawe sal die vermoë hê om oliebore van boorvloeistowwe te voorsien.
Augetto Graig
Halliburton Industries beplan ’n aanleg in Walvisbaai vir ongeveer N$200 miljoen (US$10,5 miljoen) om vloeibare modder en vloeistowwe wat nodig is om olie- of gasboorgate vir produksie te voltooi (voltooiingsvloeistof), te vervaardig.

Dit sal in die oliebore wat betrokke is by verskeie olie-eksplorasieveldtogte langs die Namibiese kus gebruik word.

Die omgewingsklaringsproses is van stapel gestuur en SLR Consulting Namibia is aangestel om die proses te bestuur en die nodige aansoeke voor te berei.

Belangstellendes kan die agtergrondinligting op die SLR-webwerf nagaan en het tot 5 Junie die geleentheid om insette te lewer en om as ’n belanghebbende of geaffekteerde party te registreer.

Volgens die aanvanklike inligting sal die nuwe aanleg by die Walvisbaai-hawe geleë wees (vasmeerplek 8). Namport het dit geïdentifiseer as die beste ligging vanweë sy nabye ligging aan die vasmeerplek vir skepe wat materiaal, chemikalieë en finale produkte na en van die aanleg sal vervoer.

Die aanleg sal ’n pakhuis insluit, en ’n area vir horisontale tenks om sintetiese en watergebaseerde boor-, voltooiings- en basisvloeistowwe te stoor en te verwerk, en vir gebruikte afvalvloeistowwe.

Nog ’n deel van die aanleg sal gebruik word vir die berging van droë stowwe, soos bariet, bentoniet en kalsiumkarbonaat.

Laastens sal daar ’n laboratorium wees, waar die kwaliteit van die vloeistowwe wat by die aanleg gemeng word en ook dié wat van die oliebore terug ontvang word, beheer sal word.

Die laboratorium is ook waar ingenieursdienste uitgevoer en ondersteuning aan aflandige bedrywighede verskaf word, brei hulle uit.

Volgens die omgewingskonsultante sal al die stofvrystellings deur stofverwyderaars opgevang word, wat ontwerp is om die personeel en die omgewing se blootstelling tot die minimum te beperk.

Vloeistof word na en van skepe vervoer deur nywerheidspype met oordragpompe. Toevoerskepe sal ook produkte heen en weer tussen die boorvaartuie en die aanleg vervoer.

Die aanleg sal na verwagting elke drie maande tot 3 800 kubieke meter water en 115 000 liter diesel benodig, afhangend van die aktiwiteitsvlakke en die spesifieke vloeistowwe wat kliënte benodig.

Twee toegewyde dieselkragopwekkers word vir die aanleg beplan. Met inagneming van afval, soos leë oliedromme, sakke en olierige water, word beplan om die dienste van die plaaslike maatskappy Wesco te gebruik.

Stortings sal verhoed word deur te verseker dat tenks nie lek nie, terwyl beweegbare beton-keermure rondom alle vloeistofbergingsareas, wat met ondeurdringbare membrane bedek is, gebruik sal word om te verseker dat die storting van gevaarlike vloeistowwe nie kan voorkom nie.

Nadat die ontwerp van die aanleg voltooi en alle nodige permitte verkry is, behoort die bouwerk vir die aanleg sowat ses maande te neem, terwyl die aanleg vir die volgende vyf jaar daarna operasioneel sal wees.

Tot 22 plaaslike werknemers sal by die aanleg in diens geneem word, terwyl van die spesialiste wat aangestel gaan word uit die buiteland ingebring sal word weens ’n tekort aan vaardighede binne Namibië. Die opleiding van Namibiese werknemers is ook in die pyplyn.

Die Amerikaanse maatskappy het oor die jare gegroei tot ’n reuse- internasionale energiediensverskaffer wat verlede maand ’n ooreenkoms met Rhino Resources onderteken het om eksplorasieboorgate binne die PEL85-gebied in die Oranjekom te boor.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna | Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 21° | 41° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 36° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 24° | 35° Otjiwarongo: 16° | 33° Omaruru: 14° | 33° Windhoek: 14° | 30° Gobabis: 13° | 32° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:54, High tide: 09:31, Low Tide: 16:02, High tide: 22:24 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:52, High tide: 09:29, Low Tide: 16:00, High tide: 22:22 Walvis Bay: 9° | 18° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:52, High tide: 09:28, Low Tide: 16:00, High tide: 22:21 Rehoboth: 9° | 28° Mariental: 11° | 26° Keetmanshoop: 8° | 24° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 11° | 26° Ariamsvlei: 8° | 22° Oranjemund: 10° | 19° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 18° | 34° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 8° | 19° Antananarivo: 12° | 30° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 14° | 30° Cape Town: 11° | 15° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 22° | 36° Harare: 19° | 33° Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.54 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.22 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1653.74 | USD to ZAR 17.55 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.99 Up +1.46% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30159.15 Down -0.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 571.09/OZ DOWN -0.0012 | Copper US$ 4.27/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 907.80/T DOWN -0.83% | Brent Crude Oil US$ 73.63/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 969.68/OZ DOWN -0.011 Sport results: Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna | Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 21° | 41° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 36° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 24° | 35° Otjiwarongo: 16° | 33° Omaruru: 14° | 33° Windhoek: 14° | 30° Gobabis: 13° | 32° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:54, High tide: 09:31, Low Tide: 16:02, High tide: 22:24 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:52, High tide: 09:29, Low Tide: 16:00, High tide: 22:22 Walvis Bay: 9° | 18° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:52, High tide: 09:28, Low Tide: 16:00, High tide: 22:21 Rehoboth: 9° | 28° Mariental: 11° | 26° Keetmanshoop: 8° | 24° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 11° | 26° Ariamsvlei: 8° | 22° Oranjemund: 10° | 19° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 18° | 34° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 8° | 19° Antananarivo: 12° | 30° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 14° | 30° Cape Town: 11° | 15° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 22° | 36° Harare: 19° | 33° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.54 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.22 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1653.74 | USD to ZAR 17.55 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.99 Up +1.46% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30159.15 Down -0.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 571.09/OZ DOWN -0.0012 | Copper US$ 4.27/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 907.80/T DOWN -0.83% | Brent Crude Oil US$ 73.63/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 969.68/OZ DOWN -0.011