Hoachanas span sonkrag in
Die Hoachanas Ontwikkeling en Hernubare Energie Trust se 40 kilowatt (kW)-sonkragaanleg en landbouprojek ter waarde van N$1,2 miljoen is Donderdag ingewy.
Die projek is in die hart van Hoachanas geleë met sowat 2 500 inwoners en bring vir die gemeenskap van meestal plaaswerkers en plaaslike amptenare ’n nodige hupstoot om hul lewensomstandighede te verbeter.
Tuinbou word in dié afgeleë nedersetting in die droë Suide aangewend om ’n voortbestaan te verseker.
Sowat 90 tuine word reeds in inwoners se erwe bedryf, volgens streekraadlid Deensia Swartbooi.
Jochen Roeber, ’n netwerkingenieur, sê dit is ’n grensverskuiwende ontwikkeling, danksy die eerste van sy soort mini-netwerk met ’n invoer- en uitvoermeter asook die toepaslike Elektrisiteitsbeheerraad (ECB)-ooreenkoms.
Die trust se faktuur vir opgewekte krag word aan die Hardap-streekraad gestuur, teen sowat 10% minder as wat die raad aan NamPower sou moes betaal, wat maandeliks tot N$10 000 vir die nedersetting se voorbestaan kan beteken, brei hy uit.
Die goewerneur van die Hardapstreek, eerw. Salomon April, sê daar bly finansiële verantwoordelikhede aan beide kante.
“Wanneer julle krag koop, help julle ook vir Hoachanas om krag te hê. Dit is ons verantwoordelikheid om dit wat ons het te bewaar, en ons verantwoordelikheid om te sien dit word volgehou,” het hy aan die inwoners gesê.
Hoachanas se administrasiebeampte, Elieser Kariseb, moedig eienaarskap aan.
“Dit is ons eie Eden. Amper ’n jaar gelede was hier niks nie, maar nou lyk dit anders,” sê hy.
Roeber sê daar word beplan om die aanleg tot 120 kW te vergroot. Wolfgang Schmalz, ’n kampvegter vir hernubare energie en ’n projekskenker, sê hulle soek tans nog skenkers vir dié uitbreiding. “Dankie dat dit na so ’n lang tyd kan gebeur,” het hy by die geleentheid gesê.
Vier jaar gelede het hy en sy vrou, Esther Schmalz, die trust geskep en tevergeefs ’n stuk grond probeer huur. Twee jaar gelede het hulle kragte met Swartbooi en Roeber saamgespan en die vordering het versnel, brei hy uit.
Tot 57% van die sonkragaanleg se inkomste bly in Hoachanas vir spesifieke begunstigdes van die trust: Die P.J Tsaitsaib Skool, die nedersettingskantoor, die Hoachanas-kinderfonds (HCF) en ’n kwart vir onderhoud, huur, en toekomstige rehabilitasie van die grond waarop die projek gebou word, voeg hy by.
Die kinderfonds, wat jare lank ondersteuning van die Schmalz-gesin geniet, is ook verantwoordelik vir die voorsiening van saadjies en toerusting en die weeklikse aankope van groente Dinsdae uit die inwoners se tuine op die dorp, om voedsel aan die sopkombuis vir Hoachanas se kinders te verseker, volgens die HCF se adjunkdirekteur, Immanuel Kauena.
Die landboukundige Riaan John Kauena sê hy en 11 vrywilligers wat werksaam by die sonkragaanleg se tuin is, het groot drome vir Hoachanas se kinders.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie