No Image Caption

Hoe werk in situ-loging (ISL)-mynbou?

Promosie-artikel
ISL-ontginning van uraan behels die boor van duisende boorgate, wat tussen 20 m en 30 m van mekaar geleë is, in die ertsliggaam in die ondergrondse akwifer.

Ongeveer tweederdes van die boorgate is vir die inspuiting van ’n logingsoplossing in die ertsliggaam en eenderde vir die herwinning van die “swanger” mynoplossing.

Dié logingsoplossing bestaan uit ondergrondse water waarby ’n bietjie swaelsuur en oksiderende chemikalieë gevoeg word.

Dit neem ongeveer 1 tot 2 maande om die uraan op te los en word dan deur die herwinningsboorgate na die oppervlak gepomp. In die verwerkingsaanleg word slegs uraan uit die mynoplossing verwyder.

Die oorblywende water word met ’n bietjie suur en oksidant herlaai en herhaaldelik in die ertsliggaam teruggesirkuleer.

Die akwifer in die myngebied raak besmet met hoëgraadse opgeloste uraan, opgeloste radionukliede en opgeloste swaarmetale. Die grootskaalse gebruik van die akwiferwater deur boerdery, verhoog die waarskynlikheid dat die giftige mynoplossing buite die myngebied in die res van die akwifer ontsnap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!