Hupstoot vir Namibië se kraginfrastruktuur
Aanleg verhoog opwekkingsvermoë
Die Anixas II-kragstasie op Walvisbaai stel Namibië in staat om in die toekoms meer hernubare energieprojekte te integreer.
Die Anixas II-kragstasie met ’n opwekkingskapasiteit van 54 MW is Woensdag deur president Nangolo Mbumba op Walvisbaai ingewy.
Dié moderne kragstasie, wat teen ’n koste van sowat N$1,28 miljard gebou is, gaan Namibië se kragopwekkingsvermoë aansienlik verhoog.
Die besturende direkteur van NamPower, Kahenge Haulofu, het verduidelik alhoewel NamPower beduidende beleggings maak in hernubare energieprojekte soos sonkrag, biomassa, battery-energieberging, en die ontwikkeling van toekomstige windprojekte, daar steeds ’n geweldige behoefte aan stabiele en versendbare krag op die netwerk is.
“Terwyl tegnologieë soos sonkrag of wind sal help om van Namibië se toekomstige energiebehoeftes te verlig, kan hulle nie aan die vereistes vir versendbare kapasiteit van die nasionale netwerk voldoen nie.
“Die doel van die Anixas II-kragstasie (54 MW), benewens die bestaande Anixas-kragstasie (22,5 MW), is om stabiele, versendbare en betroubare opwekkingskapasiteit aan die Namibiese netwerk te verskaf, en sodoende voorsieningsekerheid en selfvoorsiening te verbeter.”
Hy het bygevoeg Anixas II sal ook die lede van die Suider-Afrikaanse kragpoel (SAPP) se tien minute-bedryfsreserwevereistes ondersteun.
“Dit beteken dat die aanleg binne ’n kort tydsraamwerk kan reageer om die SAPP-netwerk te ondersteun en Namibië in staat stel om meer hernubare-energieprojekte in die toekoms te integreer. Dit om as ’n versendbare kragstasie te dien om die netwerk- en energievereistes te ondersteun in die lig van die wisselvalligheid van hernubare-energiegeriewe.”
Daarbenewens is Anixas II as ’n dubbelbrandstofkragstasie gebou, gereed om aardgas te ontvang sodra dit teen ’n mededingende prys in Namibië beskikbaar word.
“Dit sal voorsiening maak vir die vermindering van risiko’s in terme van brandstofdiversifikasie, hoër kapasiteitsfaktore, vermindering in vrystellings en die verdere vermindering van stelselverliese tydens spitstye,” het Haulofu verduidelik.
Die kontrak vir die kragstasie het in Mei 2022 ’n aanvang geneem, met konstruksie, toetsing en ingebruikneming van die kragstasie wat in September 2024 voltooi is, en die finale oorhandiging van die kontrakteur op 20 November 2024.
Die kontrakbedrag het aanvanklik op N$1,259 miljard gestaan, maar is later tot N$1,252 miljard verminder.
Tydens konstruksie is meer as 390 tydelike werksgeleenthede geskep, met alle halfgeskoolde en ongeskoolde arbeiders wat uit die Namibiese arbeidsmag afkomstig is.
Tot op hede is ongeveer 18% van die kontrakwaarde (uitgesluit Forex-verskansingskoste), ten bedrae van N$183 miljoen, bestee aan plaaslike maatskappy in meerderheidsbesit.
MINISTER
Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het gesê Namibië is te lank afhanklik van ingevoerde elektrisiteit om in die behoeftes van sy mense en nywerhede te voorsien.
“Hierdie afhanklikheid het ons blootgestel aan risiko’s buite ons beheer, soos prysskommelings, onderbrekings in kragtoevoer en beperkings wat nasionale ontwikkeling belemmer. Energiesekuriteit is nie net ’n ekonomiese noodsaaklikheid nie – dit is ’n kwessie van nasionale soewereiniteit.
“Met hierdie nuwe toevoeging neem ons nog ’n stap om ons afhanklikheid te verminder en ’n toekoms te verseker waar Namibië meer van sy eie elektrisiteit opwek, wat stabiliteit, voorspelbaarheid en bekostigbaarheid vir ons burgers verseker.”
Alweendo het beklemtoon dat energiesekerheid alleen nie genoeg is nie.
“Elektrisiteit moet ook bekostigbaar wees vir die gemiddelde Namibiese huishouding en besigheid. Terwyl ons ons opwekkingskapasiteit uitbrei, moet ons verbind bly tot kostedoeltreffendheid.
“Ons energiebeleid moet ’n balans vind tussen belegging en bekostigbaarheid en verseker dat geen Namibiër in die duister gelaat word weens buitensporige kostes nie.
“Bekostigbare elektrisiteit bevorder ekonomiese bedrywighede, bemagtig klein besighede en verbeter alle burgers se lewensgehalte.”
Mbumba het hierdie sentimente beaam en beklemtoon hoe belangrik dit is om Namibië se hernubare energiebronne uit te brei en die land as ’n elektrisiteitsuitvoerder na die streek te posisioneer.
“Daar is ’n behoefte aan ’n gediversifiseerde energie – een wat plaaslike opwekking met strategiese invoere balanseer – om te verseker dat Namibië veerkragtig bly teen globale en streekenergieskokke.
“Selfvoorsiening moet egter nie ten koste van bekostigbaarheid kom nie. Elektrisiteit moet dien as ’n fasiliteerder van sosioëkonomiese groei, nie ’n struikelblok vir verdere belegging en ontwikkeling nie.
“Ons moet innoverende oplossings ondersoek om elektrisiteit toeganklik te maak vir gemeenskappe wat dit nie kan bekostig nie, hetsy deur uitvoere, kruissubsidiëring of nuwe tegnologieë.”
Hy het ’n beroep op owerhede gedoen om nuwe weë te ondersoek, van kostedoeltreffende hernubare energie-ontplooiing tot strategiese invoere, om te verseker dat die Namibiese mense en nywerhede toegang tot betroubare en bekostigbare elektrisiteit het.
“Ek doen ’n beroep op die ministerie van myne en energie, saam met NamPower, om alle pogings in lyn te bring om te verseker dat ons elektrisiteitsvoorsiening volhoubaar, veilig en bekostigbaar bly.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie