In situ-mynbou kán werk, sê kenners
‘Opleiding en inligting is nodig’
Verskeie kundiges het gister hul ervarings gedeel van hul besoeke aan myne in Kazakstan en Rusland waar in situ-loging reeds toegepas word.
Dr. Kuiri Tjipangandjara was beïndruk toe hy die Karatau-uraanmyn in Kazakstan in November 2022 besoek het.
Hy het gister in Windhoek gesê opleiding en inligting is nodig om mense naby die voorgestelde Headspring Investment se in situ-uraanmynprojek buite Stampriet van die veiligheid en voordele van die projek te oortuig.
Tjipanganjara is ’n metallurg en besturende direkteur van Water Solution Group, met jare se ondervinding van hoe mynbou en waterbestuur saam kan werk.
Headspring is deur Uranium One, ’n filiaal van Rusland se Rosatom-uraanmynonderneming, wat sy Wings-projek in die Hardapstreek – ’n uraanmyn wat in situ-loging gebruik – probeer bevorder.
Die projek wag op goedkeuring om met 'n toetsfase voort te gaan.
Verskeie kenners, insluitend omgewingskenners, het gister ’n mediakonferensie in Windhoek bygewoon, om hul ervarings te deel tydens besoeke aan Kazakstan en Rusland by ander myne waar dieselfde tegnologie toegepas word.
Die mynboutegniek behels die inspuiting van chemikalieë om ondergrondse uraan op te los en dan die oplossing uit te pomp. Kommer bestaan dat dit die belangrike ondergrondse waterbron kan besoedel.
Die besturende direkteur van Environam Consultants, Colin Namene was in Junie vanjaar saam met bestralingspesialis Vera Uushona en hidrogeoloog Spike Shippiku by die Dalur-uraanmyn in Rusland.
Die gemeenskapsaktivis Sam Tjiuiju het dieselfde myn in Augustus verlede jaar besoek en Packy Pakarae van die Omaheke-streekraad was ook in 2023 by dié Russiese myn.
Lede van die Vereniging vir Uraanmynbou in die Stampriet-akwifer (Sauma) is ook in 2023 op so ’n besoek genooi, en hoewel hulle nie by gister se geleentheid teenwoordig was nie, het Sauma in ’n verklaring gesê dat die besoek nie hul bekommernisse besweer het nie.
Hulle was onder meer nie oortuig daarvan dat die ondergrondse water nie besoedel was nie, lui Sauma se verklaring.
Namene sê egter hy het opgemerk dat die grond minder versteur word deur die in situ-metode in vergelyking met oopgroef- en ondergrondse mynbou wat algemeen in Namibië voorkom.
Daar is ook geen afvalrotstapels of uitskot wat ’n risiko van besoedeling inhou nie, minimale stof kom voor en daar is minder versteuring van die visuele estetika van die gebied waar die myn in Rusland geleë is, as oral in Namibië.
Hy sê aanvanklike teenkanting van boerdery en omliggende gemeenskappe is in Rusland oorkom deur data met die gemeenskappe rondom die myn te deel.
“Die versameling van wetenskaplike inligting,” is volgens hom noodsaaklik.
Shippiku het ook die afwesigheid van geraas uitgelig as verfrissend vanuit sy standpunt as ’n omgewingskundige, “en die naasbestaan wat ons tussen die myn en die plaaslike boerderygemeenskappe gesien het, was baie indrukwekkend.”
Pakarae sê Namibiese gemeenskappe wil ontwikkel en hul lewensomstandighede verbeter, maar moet ook die erfenis van toekomstige geslagte bewaar. Die deurlopende assessering van die ekologiese impak van mynbou is noodsaaklik, voer hy aan.
Die bedryfsdirekteur van Headspring, Aldo Hengari, sê die projek moet nou voortgaan met die toetsfase om die omgewingsimpak ten volle te verstaan en te bepaal presies hoeveel rehabilitasie moontlik nodig sal wees.
Hy sê dit is moontlik om Namibiese beamptes in staat te stel om wetstoepassing af te dwing en internasionale organisasies, soos die Internasionale Atoomenergie-agentskap, sal ook bereid wees om te help.
Headspring se woordvoerder, Riaan van Rooyen, sê die maatskappy is van die begin af bereid om geld vir restitusie te belê sou iets verkeerd loop, maar dat die toetsfase nodig is om ook dié bedrag te bepaal.
“Tot vandag toe was daar nog nooit so ’n voorval by enige van ons sewe ander myne in Rusland en Kazakstan nie,” voeg hy by.
Tjipanganjara het uitgelig dat Suid-Afrika en Botswana beide in situ-mynbou oorweeg, binne die Stampriet-akwifer wat buurlande met Namibië deel.
Hy sê daar moet met Orasecom, wat die waterbronne vir die drie lande en Lesotho bestuur, gepraat word om dié kwessie te bevorder. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie