Foto argief
Foto argief

Inkomste uit olie dalk benut vir groenwaterstofprojek

Jemima Beukes
“Die enigste manier hoe die regering sulke groot lenings van die internasionale geldmark kan kry, is deur sy toekomstige olie-inkomste te benut, soos Mosambiek in die vissektor gedoen het.

“Daar is aanduidings van regeringsbronne dat dit presies is hoe die regering beplan om die leningswaarborg wat nodig is vir die ontwikkeling van groenwaterstofprojekte, te finansier.”

Dit is volgens ’n verslag van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) wat die risiko’s verbonde aan die groenwaterstofprojek ondersoek het.

Volgens hul jongste navorsing blyk dit dat die projek na verwagting ’n onbekende vlak van leningswaarborge van die Namibiese regering sal vereis.

Hyphen Hydrogen Energy het ’n ooreenkoms met Namibië onderteken vir die volgende fase van die groenwaterstofprojek van US$10 miljard wat na Europa uitgevoer sal word sodra dit voltooi is.

Die koste van hierdie projek hang glo af van ’n “bankbare uitvoerbaarheidstudie” wat Hyphen en die regering tans vertroulik hou.

Die verslag beklemtoon ook Hyphen se gesamentlike onderneming met die Suid-Afrikaanse filiaal van die Duitse firma Enertrag en Nicholas Holdings.

Die verslag voer aan dat selfs Enertrag, met sy 800 werknemers en totale verkope van N$5 miljard, nie groot genoeg is om die Hyphen-projek van N$200 miljard te finansier nie.

Die IPPR-verslag wys ook daarop dat Hyphen nie sy soeke na ’n strategiese vennoot verbloem het nie. Daar is onlangs berig dat Nicholas Holdings probeer het om ’n ongespesifiseerde belang in Hyphen vir N$3 miljard aan een van die reuse- olie- en gasmaatskappye te verkoop.

“As hierdie voorgestelde afstoting (divestment) deur Hyphen se eienaars ’n positiewe ontwikkeling is, moet ’n mens vra hoekom die Namibiese regering hierdie tenderaars in die eerste plek gekies het eerder as veel groter firmas soos Sasol en Fortescue,” lui die IPPR-verslag.

Die verslag maak ook melding van ’n NamPower-studie wat beduidende kommersiële en ekonomiese risiko’s van die Hyphen-projek identifiseer.

Die belangrikste risiko is na bewering die onvermoë om ’n saak vir besigheid te maak en genoeg ooreenkomste te sluit waarin kopers in Europa en Asië verseker dat hulle die voltooide goedere sal “koop” of “gebruik” (offtake agreement).

“Geen bank of groep banke sal so ’n groot projek finansier sonder geldige bewyse dat daar kopers is vir die finale produk teen ’n prys wat bekend is nie.

“Dit sal beteken dat Hyphen en die regering bewyse sal moet verskaf van regsmemorandums vir die aankoop van die ammoniak/waterstof wat by Lüderitz geproduseer word,” het die verslag uitgelig.

Die verslag merk ook op dat die sukses van die projekte afhang van die prys van die produk en sy mededingendheid in markte soos Rotterdam. Die verslag waarsku dat die projek waarskynlik in duie sal stort as die prys nie mededingend is nie.

“Gelukkig kan Namibië uit sy 24%-belang in die projek kom sodra die studies afgehandel is en as daar bevind word dat dit nie ekonomies lewensvatbaar is nie. Daar is egter ook talle wesenlike politieke risiko’s verbonde aan die begin van so ’n nuwe bedryf," lui die verslag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.15/OZ UP +0.02% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 969.00/T UP 0.93% | Brent Crude Oil US$ 85.41/BBP DOWN -0.0091 | Platinum US$ 1 002.48/OZ UP +1.17% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.15/OZ UP +0.02% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 969.00/T UP 0.93% | Brent Crude Oil US$ 85.41/BBP DOWN -0.0091 | Platinum US$ 1 002.48/OZ UP +1.17%