Japan help soek na seldsame aardmetale
Ooreenkomste by Staatshuis onderteken
Japannese maatskappye wat Namibiese mynbou ontwikkel, kan baat by die US$1,5 miljard wat die Japannese regering beskikbaar kan stel, volgens dié land se minister van ekonomie, handel en nywerheid.
Augetto Graig – Die Japan Oil, Gas and Metals National Corporation (JOGMEC) gaan Namibië help om ’n opname van seldsame aardmetale te doen.
Die Japannese minister van ekonomie, handel en nywerheid, Yasutoshi Nishimura, sê die inligting sal gebruik word om ’n meesterplan op te stel vir die vestiging van ’n nywerheid vir seldsame aardmetale in Namibië.
JOGMEC is reeds sedert 2020 ’n vennoot in die Lofdal- swaar seldsame aardmetaleprojek buite Khorixas.
JOGMEC koop geleidelik meer aandele in die projek soos die ontwikkeling daarvan vorder, met die oog daarop om teen volgende jaar 40% te besit en teen 2028 die helfte van die projek.
Nishimura was gister die eregas by Staatshuis waar hy verskeie ooreenkomste met die minister van nywerheidsontwikkeling en handel, Lucia Iipumbu, en die minister van myne en energie, Tom Alweendo, onderteken het.
Japan se Itochu-maatskappy het ook met Hyphen Hydrogen Energy ooreengekom om saam groen waterstof in Namibië te ontwikkel.
Alweendo het tydens die ontmoeting gesê Namibië is deeglik bewus van uitdagings wat verband hou met globale energie en klimaatsverandering wat ’n wêreldwye bedreiging is.
“Iets moet daaraan gedoen word en dit moet vinnig gebeur,” het hy gemaan.
Alweendo het verwys na die land se volhoubare bronne van hernubare energie, insluitend wind- en sonkrag.
“Ons het ’n robuuste strategie om ’n globale verskaffer van hernubare energie te word, veral met betrekking tot groen waterstof.”
Dit is waar Namibië met Japan wil saamwerk, volgens Alweendo. Daar was reeds gesprekke oor samewerking tussen die twee regerings op sakevlak, wat nou ook op ministeriële vlak moet voortgaan, sê hy.
Japan se rol as ’n wêreldekonomie-reus sal volgens hom verseker dat so ’n vennootskap suksesvol sal wees.
Alweendo sê die regering se poging om die wêreld in te lig oor Namibië se geleenthede, werp vrugte af en in terme van die groenwaterstofstrategie sal Japan ’n belangrike vennoot wees, dalk as ’n moontlike kliënt, of om saam die Namibiese plan om ’n sintetiese brandstofwaardeketting te skep – deur tegnologie te deel of deur finansiële ondersteuning – ’n werklikheid te maak.
Met betrekking tot mynbou het Nishimura gevra vir die uitruil van inligting asook samewerking op die gebied van tegnologie.
Volgens hom kan Japannese maatskappye wat Namibiese mynbou ontwikkel, baat by US$1,5 miljard wat die Japannese regering beskikbaar kan stel.
Alweendo sê seldsame aardmetale is tussen die minerale wat nodig is om die wêreldoorgang van koolstofgebaseerde brandstof na hernubare brandstuf volhoubaar te maak.
Japan stel belang in die toegang tot hierdie hulpbronne, insluitend uraan en litium, terwyl Namibië fokus op nywerheidsontwikkeling en die ontwikkeling van hierdie hulpbronne tot die verwerking en plaaslike voorsiening van vervaardigde goedere.
In terme van handel het Japan en Namibië ooreengekom om saam te werk om meer belegging- en handelsgeleenthede te bewerkstellig.
Namibië voer goedere ter waarde van sowat N$1,4 miljard vanaf Japan in, terwyl goedere van sowat N$90 miljoen na Japan uitgevoer word.
Iipumbu sê dit moet verander en dat wederkerige sakebesoeke daarvoor gereël sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie