Kanadese steek kleim af
Die Kanadese maatskappy Moonbound Mining, wat eers in Januarie op die Vancouver-aandelebeurs genoteer het, het ’n “niebindende brief van voorneme” (LOI) met Continental Lithium Africa Development Corporation, ook van Kanada, aangekondig.
Die LOI maak voorsiening vir die vorming van ’n gesamentlike onderneming met betrekking tot sewe mynkonsessies bekend as die Strathmore-kleims geleë in die pegmatietgordel tussen Kaapkruis en Uis.
“Die gebied strek oor 115 km van wes na oos en is op plekke tot 24 km breed,” het Moonbound Mining aangekondig.
“Hierdie is ’n niebindende ooreenkoms wat die wesenlike bepalings uiteensit waarop die partye ooreengekom het om die transaksie te voltooi. Onderhewig aan bevredigende hersiening en suksesvolle verdere onderhandelinge, beoog die partye om ’n definitiewe ooreenkoms op of voor 7 Augustus 2023 ten opsigte van die transaksie aan te gaan.”
Daarna sal 12 miljoen aandele uitgereik word teen ’n prys van 0,12 Kanadese dollar per eenheid. Continental Lithium het ook n litium-eksplorasielisensie vir ’n gebied in die suide van Namibië, oos van Noordoewer.
Volgens Continental Lithium se webwerf het die maatskappy 12 mynkleims bekom wat in mynlisensies omskep sal word, sowel as vier eksklusiewe prospekteerlisensies.
“Deur die uitvoer van presiese geologiese en geometallurgiese studies, beoog ons om ons bedrywighede te verbeter en konsekwent hoë gehalte-litium op ’n groot skaal te produseer,” het die maatskappy gesê.
Afrika het in vergelyking met ander vastelande na vore getree as ’n voorste litiumverskaffer en sal na verwagting een vyfde van die wêreld se litium teen 2030 voorsien.
China, die wêreld se voorste litiumverskaffer, belê intensief in Afrika. Naas Zimbabwe is Namibië die volgende land wat deur Chinese beleggers geteiken word. In Maart 2023 het Huayou Cobalt ’n simboliese belegging gemaak in Askari, ’n Australiese maatskappy wat litium ondersoek in die Erongo- en Uis-gebiede. Namibië se ministerie van myne het egter verlede maand alle aktiwiteite van ’n ander maatskappy, Xinfeng, gestaak weens ongerymdhede.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie