ZERO DISCLOSURE: Director in the National Planning Commission, Obeth Kandjoze says government has no obligation to make public deals signed with international oil companies. The map provides an overview of the highly sought after Orange Basin off the Namibian coast.
ZERO DISCLOSURE: Director in the National Planning Commission, Obeth Kandjoze says government has no obligation to make public deals signed with international oil companies. The map provides an overview of the highly sought after Orange Basin off the Namibian coast.

Kandjoze verdedig staat se geheimhouding oor olie

'Nie verplig om transaksies bekend te maak'
Die IMF het in 'n verslag gesê Namibië behoort uitdagings soos korrupsie vooruit te loop deur aan die hoogste standaarde vir deursigtigheid en bestuur te voldoen.
Ogone Tlhage
Nadat daar ’n beroep op die regering gedoen is om deursigtig te wees, het die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie en voormalige minister van energie, Obeth Kandjoze, gesê Namibië is nie verplig om sy olietransaksies aan die publiek bekend te maak nie.

Die beroep vir deursigtigheid is deur die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gedoen, wat die regering aangemoedig het om sy transaksies bekend te maak.

Kandjoze het vandeesweek dié opmerking gemaak tydens ’n paneelbespreking wat Nedbank Namibia aangebied het.

Volgens ’n hoëvlak- opsommende verslag oor tegniese bystand deur die IMF, sal die bekendmaking van hierdie inligting help om korrupsie in die sektor te voorkom.

“Namibië behoort sulke uitdagings vooruit te loop deur aan die hoogste standaarde vir deursigtigheid en bestuur te voldoen. Die regering kan daaraan voldoen deur alle petroleumooreenkomste wat die regering gesluit het, op ’n maklik toeganklike manier aan die publiek beskikbaar te stel,” lui die verslag.

“Ons het eintlik ’n bestuursraamwerk teen korrupsie, so hoekom moet enige ander soewereine entiteit – met gelyke status as ’n regering – aan ons dikteer wat om bekend te maak?”

Kandjoze gesê en bygevoeg dat dié eis onregverdig is aangesien die IMF nie dieselfde van eerstewêreldlande verwag nie.

KORRUPSIE ‘REEDS HANTEER’

“Diegene in die supermagstrukture van die regering is uitgesluit van sulke taktiek. Ons het dit in die geopolitieke bedeling in die Midde-Ooste gesien. Vir sommige, vir die res van ons, is dit nie so goed nie,” het Kandjoze gesê oor die Bretton-Woods-instelling se standpunt.

Kandjoze het beklemtoon dat Namibië se vermoë om sy eie begroting te finansier hom ekstra mag (leverage) gegee het om inligting oor sy transaksies van die publiek te beperk.

Namibië se bestuursraamwerk het hom nie rede gegee om sy transaksies met internasionale oliemaatskappye bekend te maak nie, het Kandjoze gesê en bygevoeg dat korrupsie en korrupte individue reeds hanteer is.

“Hierdie einste land finansier sy eie begroting. Hierdie einste land kry geen skenkergeld vir sy begrotingsprogramme nie.”

ONGELYKHEID

Kandjoze het ook verseker dat die regering sal voldoen aan sy doelwit om ekonomiese ongelykheid te takel ten spyte van weerstand teen die implementering van die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (Neeef) se ekonomiese beginsels.

“Dis die regering se begeerte om daardie ongelykheidsgapings te sluit. Die gevoel is jy neem van die rykes en gee net vir die armes sonder enige verdienste. Die regering kan nie sit en wag dat iemand, ek weet nie wie nie, om te kom praat en dit reg te maak nie. Ons as Namibiërs moet met onsself praat en [dit oplos],” het hy gesê.

Kandjoze het gesê internasionale oliemaatskappye en ander buitelandse beleggers word nie beperk om die regering te nader oor sake rakende beleide, of onsekerheid oor die veiligheid van hul beleggings nie.

“Ek wil beleggers smeek; gaan uit, praat met ’n regering wat vir jou daardie politieke omgewing voorsien waarin jy kan floreer. Daardie regering wat jou die opbrengs van jou belegging bied, jy kan dit uitstuur na enige beleggingsbestemming van jou keuse. Is hierdie regering nie vriendelik genoeg nie?”

Met betrekking tot uitlatings deur wyle president Hage Geingob dat die olie nie aan Namibiërs behoort nie, het Kandjoze beklemtoon dat die eksplorasie van olie Namibië bankrot sou maak.

“Ons sal staatsgeld mors deur dit óf in groen waterstof óf gasmineraaleksplorasie te plaas, wat, as enige van dit vandag gebeur het, sou ons hierdie land bankrot gemaak het, indien nie selfs om geld aan die bedryf te skuld nie,” het Kandjoze gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 66 vs 26 Suzuki Griquas | Vodacom Bulls 50 vs 34 DHL Western Province | Fidelity ADT Lions 22 vs 35 Hollywoodbets Sharks XV | NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 34° Rundu: 10° | 32° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 8° | 24° Windhoek: 5° | 21° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 11° | 14° Swakopmund: 10° | 14° Walvis Bay: 9° | 17° Rehoboth: 6° | 22° Mariental: 7° | 20° Keetmanshoop: 6° | 17° Aranos: 6° | 23° Lüderitz: 8° | 20° Ariamsvlei: 6° | 17° Oranjemund: 8° | 16° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 25° Lubumbashi: 13° | 33° Mbabane: 7° | 24° Maseru: - 1° | 15° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 14° | 27° Windhoek: 5° | 21° Cape Town: 10° | 14° Durban: 10° | 20° Johannesburg: 8° | 17° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 30° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.55 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1601.36 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 26.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.83/OZ DOWN -0.0077 | Copper US$ 4.09/lb DOWN -0.0099 | Zinc US$ 2 657.80/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 80.05/BBP DOWN -0.0193 | Platinum US$ 949.24/OZ UP +1.14% Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 66 vs 26 Suzuki Griquas | Vodacom Bulls 50 vs 34 DHL Western Province | Fidelity ADT Lions 22 vs 35 Hollywoodbets Sharks XV | NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 34° Rundu: 10° | 32° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 8° | 24° Windhoek: 5° | 21° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 11° | 14° Swakopmund: 10° | 14° Walvis Bay: 9° | 17° Rehoboth: 6° | 22° Mariental: 7° | 20° Keetmanshoop: 6° | 17° Aranos: 6° | 23° Lüderitz: 8° | 20° Ariamsvlei: 6° | 17° Oranjemund: 8° | 16° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 25° Lubumbashi: 13° | 33° Mbabane: 7° | 24° Maseru: - 1° | 15° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 14° | 27° Windhoek: 5° | 21° Cape Town: 10° | 14° Durban: 10° | 20° Johannesburg: 8° | 17° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 30° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.55 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1601.36 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 26.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.83/OZ DOWN -0.0077 | Copper US$ 4.09/lb DOWN -0.0099 | Zinc US$ 2 657.80/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 80.05/BBP DOWN -0.0193 | Platinum US$ 949.24/OZ UP +1.14%