Katti: Harde werk werp vrugte af
Sedert 2003 in die energiebedryf
Die sakeman Knowledge Katti sê die huidige opwindende vooruitsigte rondom olie-ontdekking in Namibië sal van kritieke belang wees vir ekonomiese herlewing in die land.
Nuusredaksie - Die sakeman Knowledge Katti sê jare se harde werk in die plaaslike petroleumeksplorasiebedryf werp uiteindelik vrugte af nadat hy hande gevat het met Australië se grootste olieprodusent, Woodside Energy, in die oliesoektog langs Namibië se kuslyn. Woodside het ’n ooreenkoms aangegaan om ’n belang van 56% te verkry in petroleumeksplorasielisensie 87 – wat besit word deur Katti (15%), sy Australiese vennoot Pancontinental Energy (75%) en Namibië se nasionale oliemaatskappy, Namcor (10%).
Nadat ’n deel van sy aandeel in die eksplorasielisensie deur sy maatskappy Custos Investments verkoop is – glo vir meer as N$25 miljoen – sal Katti steeds 14% behou, wat as ’n aansienlike aandeel in die ryk oliebedryf beskou word.
Die seismiese opname van die blok – wat meer as N$600 miljoen sal kos – het vandeesmaand begin, met spoedig verwerkte resultate wat laat in Junie verwag word.
Katti, wat die energiesektor in 2003 betree het, het vandeesweek gesê: “Ons is uiters opgewonde vir die toekoms en as ’n kampvegter in die bedryf is ons bly om te sien dat ons harde werk in eksplorasie oor die afgelope 20 jaar vrugte afwerp.”
Jare gelede het sy maatskappy Kunene Energy ’n plaaslike filiaal geword van die Brasiliaanse gas- en oliemaatskappy HRT, wat wyd betrokke geraak het by eksplorasieaktiwiteite in Namibië.
In 2013 het HRT en Katti by Staatshuis aangekondig dat hulle ’n vloeibare oliebron aan die Namibiese kus gevind het. Die boorresultate van hul eerste put het egter getoon dat die vonds nie van kommersiële waarde was nie.
“Ons is dankbaar om ervare vennote onder ons bates te hê, veral nadat ons meer as N$1 miljard bestee het aan seismiese opnames en die boor van ’n droë put saam met HRT,” het Katti gesê.
NOODSAAKLIK
Volgens die sakeman sal die huidige opwindende vooruitsigte rondom olie-ontdekking in Namibië van kritieke belang wees vir ekonomiese herlewing in die land.
Beide Shell en TotalEnergies het groot olie-ontdekkings in Namibië gemaak, wat glo miljarde vate werd kan wees.
Katti het gesê sy maatskappy en sy vennote is gereed om te help om die situasie in die land om te keer.
“Die toekoms is blink en ons hoop om groter ekonomiese welvaart, ’n herleefde vervaardigingsektor, verbetering in lewenstandaard deur direkte en indirekte indiensneming, nuwe bronne van staatsinkomste en versterkte energiesekerheid vir die nasie te sien.”
WAAG DIT
Sedert olie ontdek is, het Namibiërs gekla oor die gebrek aan substantiewe billikheid in die hulpbron.
“Enige Namibiër kan betrokke raak en sy of haar belang in enige bate verhoog, maar ek moet nog ’n plaaslike bank of private fonds ontmoet wat belangstel om selfs N$10 miljoen – wat nog te sê N$600 miljoen – op die spel te plaas om eksplorasieaktiwiteite in Namibië te finansier,” het Katti gesê.
“Dit is tyd vir Namibiërs om te verenig en voordeel te trek uit ons seëninge in plaas daarvan om aan die olievloek in ander dele van die wêreld te dink.”
In opsomming van die meevallers van sy maatskappy se werk in Namibië, het hy gesê: “Ander voordele vir die bevordering van ons projekte kan nie met harde syfers gemeet word nie. Die bedryf sal byvoorbeeld werk skep wat werkers in staat stel om beter toegang tot gesondheidsorg vir hulself en hul gesinne te hê.
“Daarbenewens kan hernieude ekonomiese lewenskragtigheid in Namibië die maatskaplike risiko’s wat met ekonomiese nood geassosieer word, verminder.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie