Kombat-myn oorstroom weer
Trigon Metals het Donderdag aangekondig dat albei sy hoofpompe om water te onttrek by sy Kombat-kopermyn gebreek het.
Die maatskappy het ondergrondse mynbedrywighede opgeskort omdat daar verwag word dat dié onderbreking uiteindelik tot die oorstroming van die ondergrondse myn in die komende dae sal lei.
“Ons bedank die span op die grond vir hul vinnige optrede om die veiligheid van al die mynwerkers te prioritiseer,” het Trigon se uitvoerende hoof en voorsitter, Jed Richardson, gesê.
Die Namibiese sakeman en ’n aandeelhouer in die Kombat-kopermyn, Knowledge Katti, het Vrydag op sosiale media geskryf: “Baie geluk met die veilige ontruiming van al die werknemers. Die bestuur werk hard daaraan om kwessies te takel om terug te keer werk toe.”
HORIZON CORPORATION
Intussen het die maatskappy sy voorneme bevestig om voort te gaan met ’n voorheen aangekondigde transaksie met Horizon Corporation, wat steeds daartoe verbind is om Trigon se belang in die Kombat-myn te verkry.
Albei partye, saam met Trigon se ander vennote, is aktief besig om die volgende stappe te bepaal, sê die mynbouer.
Trigon is ’n Kanadese eksplorasie- en ontwikkelingsmaatskappy wat op koper en silwer in Afrika fokus en is op die Toronto-aandelebeurs genoteer.
Katti het aanvanklik deur sy maatskappy Havana Investments 100%-eienaarskap van Kombat Mine van die Suid-Afrikaanse maatskappy Grove Mining vir ’n gerapporteerde N$50 miljoen verkry.
Katti het later 80% van sy belang aan Trigon verkoop terwyl hy 20% behou het.
Die verkoop van aandele aan Trigon het ten doel gehad om kapitaal in te samel en ’n tegniese vennoot aan boord te bring om die bedrywighede by die myn te help herleef.
Dit nadat die oorstromings in 2007 mynbedrywighede lamgelê het.
Voor dit het die myn ook in 1925 en in 1988 oorstroom. Havana het ook 10% van sy belang aan die plaaslike gemeenskap geskenk deur die staatsbeheerde Epangelo Mining.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie