Kombat-myn sal 'vanjaar nog heropen'
“Ons beplan om ongeveer 1 200 mense in diens te neem wanneer ons die myn voor die einde van die jaar heropen.”
Só het die plaaslike sakeman en Trigon Metals se minderheidsvennoot, Knowledge Katti, gesê nadat dit aan die lig gekom het dat Trigon Metals sy ooreenkoms hersien het om 80% van die Kombat-myn aan Horizon Corporation, ’n plaaslik gesteunde entiteit, te verkoop.
Die hersiene ooreenkoms handhaaf die strategiese voordele vir Trigon-aandeelhouers terwyl die finansiële struktuur van die transaksie aangepas word.
Sleutelveranderings aan die voorgestelde transaksie sluit in ’n verminderde leningsbedrag van Horizon na Trigon, nou sowat US$4 miljoen, gestruktureer in vyf dele en minder as die aanvanklike US$5 miljoen.
Horizon sal ook deelneem aan Trigon se private plasingsaanbieding met ’n belegging van sowat US$500 000.
Katti meen die transaksie beklemtoon die belangrikheid van die Kombat-myn om Namibië se ontwikkelingsagenda te bevorder.
“Ek verwelkom hierdie hersiene ooreenkoms tussen Trigon Metals en Horizon, wat die Kombat-myn se kritieke rol in die bevordering van ons land se ekonomiese ontwikkeling herbevestig.
“Hierdie transaksie strook met ons strategiese prioriteite as Namibiese vennote om verantwoordelike beleggings te lok, werksgeleenthede te skep en volhoubare groei in die mynbousektor te bevorder,” het Katti gesê.
“Ons is veral verbind tot gemeenskapsbetrokkenheid en plaaslike indiensneming wat Namibiërs sal bemagtig en verseker dat die voordele van hierdie projek wyd verdeel word," het hy bygevoeg.
WEDERSYDSE VOORDEEL
Volgens Katti dien die ooreenkoms tussen Trigon Metals en die regering deur sy mynbou-entiteit, Epangelo Mining, as ’n model vir hoe die openbare sektor en die private sektor wedersydse voordeel kan trek.
“Epangelo Mining Company, ’n regeringsentiteit, verteenwoordig die gemeenskappe van Kombat en ons glo dit is ’n voorbeeld van hoe openbare-private-vennootskappe vordering vir ons mense en ons ekonomie kan dryf.
“Hierdie transaksie is nie net ’n oorwinning vir die myn en sy beleggers nie – dit is ’n transformerende oomblik vir Kombat en die gemeenskappe rondom die myn,” het Katti gesê.
Verdere besonderhede het betrekking op die koopprys vir die Kombat-myn, wat aangepas is na US$24 miljoen, betaalbaar in agt gelyke kwartaallikse paaiemente, vanaf die oorspronklike US$30 miljoen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie