• Tuisblad
  • ENERGIE
  • Kommer bly oor uitvoer van kritieke minerale, sê Alweendo
NOT MANAGEABLE: Mines minister Tom Alweendo has conceded that it cannot properly police the ban on the export of critical minerals.
NOT MANAGEABLE: Mines minister Tom Alweendo has conceded that it cannot properly police the ban on the export of critical minerals.

Kommer bly oor uitvoer van kritieke minerale, sê Alweendo

Regering poog om skuiwergate uit die weg te ruim
Die kabinet het in Junie vanjaar opdrag gegee dat alle kritieke minerale plaaslik veredel moet word voor dit uitgevoer kan word.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, sê die regering voer steeds ’n stryd teen die uitvoer van kritieke rou minerale. Dit ondanks ’n verbod wat die kabinet op die uitvoer van dié minerale ingestel het.

Alweendo het die opmerkings gemaak tydens ’n inligtingsessie van die kabinet wat vandeesweek gehou is en waartydens hy ’n opdatering verskaf het oor die werksaamhede van sy ministerie.

Die kabinet het in Junie vanjaar opdrag gegee dat alle kritieke minerale plaaslik veredel moet word voor dit uitgevoer kan word. “Die kabinet het die verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale goedgekeur, soos onverwerkte litiumerts, kobalt, mangaan, grafiet en seldsame aardminerale,” lui die opdrag wat in Junie uitgereik is.

Ondanks dié stap het Alweendo erken dat die regering nie die uitvoer van kritieke rou minerale doeltreffend kon polisieer nie.

SKUIWERGATE UITGEBUIT

Alweendo het gesê die regering werk daaraan om skuiwergate uit die weg te ruim wat geïdentifiseer is deur diegene wat met die uitvoer van dié minerale wil voortgaan.

“Daar is steeds diegene wat nie tevrede is met hierdie standpunt nie, en hulle sal elke truuk in die boek probeer om hierdie minerale in ’n onverwerkte vorm uit te voer, maar dit is iets waaraan ons werk,” het Alweendo gesê.

Die regering se pogings om die veredeling (beneficiation) van kritieke minerale te verseker is gedoen om Namibië se industrialiseringstog te dryf en was die teenoorgestelde van pogings om die hulpbronne te nasionaliseer, sê Alweendo.

“Soms kan jy nie eens verstaan wat dit is nie, hulle gaan so ver as om ons van hulpbronnasionalisering te beskuldig, maar dit is nie wat dit is nie, ons wil net seker maak dat ons minerale meer betekenis dra,” het die minister gesê.

VEREDELING

Volgens Alweendo was daar voldoende gronde vir die verbod op die uitvoer van kritieke rou minerale omdat daar ruimte vir plaaslike waardetoevoeging was.

“In die lig van die feit dat daar minerale in groot aanvraag is, kan nie reg wees dat ons hierdie minerale kan ontgin en toelaat dat dit in ’n rou vorm uitgevoer word nie. Ek dink ons kan beter doen deur seker te maak dat daar waardetoevoeging is, hierdie rou minerale is van kritieke belang vir ons industrialisasie-agenda,” het Alweendo gesê.

Die stap om die uitvoer van kritieke rou minerale te verbied volg op ’n soortgelyke opdrag wat Zimbabwe in Desember 2022 aangekondig het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!