No Image Caption

Lewensvatbaarheid van pyplyn word ondersoek

Studie sal glo sowat N$5 miljoen kos
Dié groenwaterstofprojek bring verskeie sleutelrolspelers saam.
Jemima Beukes
’n Studie om die lewensvatbaarheid van die beplande groenwaterstofpypleiding tussen Namibië en Suid-Afrika te bepaal, is onlangs deur die ministerie van myne en energie van stapel gestuur. Die studie sal glo sowat N$5 miljoen kos.

Die pypleiding sal strek vanaf Lüderitz na die Noord-Kaap, wat die Weskus-korridor sal uitmaak. Vanaf dié lyn sal ’n pyp ook na Gauteng gelê word. Die pypleiding sal glo ook toekomstige vertakkings kan akkommodeer.

Die uitvoerbaarheidstudie volg nadat die twee buurlande ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) by die Wêreldwaterstofberaad in Mei onderteken het.

Namibië se groenwaterstofkommissaris, James Mnyupe, meen dat die MoU die weg baan vir hierdie ambisieuse studie wat moontlik die energielandskap in Suider-Afrika kan transformeer.

STUDIE

Die studie sal die tegniese, kommersiële, finansiële, wetlike, omgewings-, sosioëkonomiese en operasionele omvang van die projek ondersoek om te verseker dat daar aan die hoogste omgewings-, maatskaplike en bestuurstandaarde voldoen word.

“Die aanvanklike fokus sal wees op die deel van die pypleiding tussen Lüderitz en die Noord-Kaap.

“Hierdie eerste fase is van uiterste belang om die grondslag te lê vir toekomstige uitbreidings, wat die uitbreiding na die Wes-Kaap in Suid-Afrika en die Erongostreek in Namibië insluit,” het die energieminister, Tom Alweendo, gesê.

Die Groenwaterstofkommissie het gesê indien die pypleiding suksesvol is, “kan dit die eerste oorgrens-waterstofruggraat in Afrika wees”, wat die weg sal baan om in meer komplekse produkte in Suider-Afrika handel te dryf.

“Dis 'n kernstap in ons pogings om die volle potensiaal van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA) te ontsluit en die ideale van Agenda-2063 te verwesenlik.”

VERKLARING

Luidens ’n verklaring wat onlangs uitgereik is, sal die verbinding van groot groenwaterstofspilpunte en die doeltreffende fasilitering van die vervoer en verspreiding van groen waterstof, ekonomiese groei aandryf, werk skep en omgewingsvolhoubaarheid bevorder.

“Die [groen waterstof]-program is geëerd om navorsing namens die Namibiese regering uit te voer, aangesien dit die lewensvatbaarheid van die vestiging van sulke strategiese infrastruktuur vir suidelike Afrika ondersoek,” het Mnyupe gesê.

Die groenwaterstofprojek bring sleutelrolspelers saam, insluitend die Wes-Kaapse Handelsbevorderingsagentskap (Wesgro), die Noord-Kaapse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap (NCEDA), die Namibië Groenwaterstofprogram, Gasunie Waterstof Holding B.V., en Climate Fund Managers (CFM).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!