Ligte af vir wanbetalers
Henriette Lamprecht – Die Namibiese kragreus het drastiese maatreëls waaronder beurtkrag bekend gemaak om die meer as ’n miljard in uitstaande skuld in te win.
Sou dié noodmaatreëls nie ingestel word nie, sê NamPower, sal dit ’n nadelige uitwerking hê op sy plig om elektrisiteit op ’n volhoubare basis aan die land te lewer.
NamPower gaan nou in ’n poging om die toenemende skuldbedrag te beperk, op 5 Junie begin om kragvoorsiening aan verwante kliënte op te skort, sou hul skulde nie teen dan vereffen word nie.
Dit beteken die betrokke wanbetalers se krag gaan vir ’n minimum van vier ure per week opgeskort word. Die aantal kraglose ure styg in gevalle waar daar geen volle betaling in die pyplyn is nie en kan tydens fase 9 tot agt ure per dag en 56 ure per week styg.
Wanbetalers wat nou die gevaar loop om binne weke in die spreekwoordelike donker te sit, sluit in Brakwater en Groot Aub binne Stad Windhoek se grense, Okahandja, Rehoboth, Mariental, Karasburg, Gobabis, Aranos, Maltahöhe, Lüderitz, Gibeon, Bethanie, Tses, Koës, Leonardville en Berseba. Dié lys van dorpe kan volgens NamPower van tyd tot tyd verander soos kliënte hul rekeninge op datum bring.
Volgens fase 1 van die beurtkragskedule is die krag Maandae vanaf 11:00 tot 15:00 af (4 ure), fase 2 Maandae en Dinsdae vanaf 11:00 tot 15:00 (8 ure), in fase 3 Maandag tot Woensdag vanaf 11:00 tot 15:00 (12 ure), fase 4 Maandag tot Donderdag vanaf 11:00 tot 15:00 (16 ure), fase 5 Maandag tot Vrydag 11:00 tot 15:00 (20 ure), fase 6 Maandag tot Saterdag (24 ure) en fase 7 Maandag tot Sondag met Saterdag vanaf 13:00 tot 17:00 en Sondag vanaf 08:00 tot 12:00 (24 ure). Fase 8 is ses ure elke weeksdag sonder krag, terwyl fase 9 daagliks agt kraglose ure insluit.
Volgens NamPower skop fase 1 op ’n Maandag af, gevolg deur fase 2 die volgende fases per week sou volle betaling nie ontvang word nie.
In ’n poging om kliënte met uitstaande skuld aan te moedig om hul skuld te delg, het die kragvoorsiener nou ’n aansporingsmaatreël aangekondig waarin NamPower die rente op die uitstaande bedrag wat oor die voorafgaande 12 maande opgehoop het, afskryf as die kliënt die uitstaande bedrag ten volle voor of op 31 Mei betaal.
Dié aansporing is beperk tot rente wat gehef is op die spesifieke uitstaande kapitale bedrag tot met ’n maksimum van 12 maande.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie