Litiumkoors loop hoog op Uis

Xinfeng woeker in die woestyn
Die Daure Daman Tradisionele Owerheid hoop die mynbedrywighede sal werksgeleenthede vir inwoners skep.
Augetto Graig
Bedrywighede by die Chinese litiummynnbouer Xinfeng Investments se oopgroefmyn sowat 70 kilometer buite Uis is in volle swang. In die ope woestynvlaktes van die Tsiseb-bewaringsgebied word meganiese grawe gebruik in die soektog na dié mineraal.

Stortvragmotors ry vragte erts aan na die rante van nuwe stortingshope. Vierkantige areas word op verskeie plekke voorberei vir die skiet van dinamiet op groot skaal. Spanne bedryf mobiele boormasjiene terwyl stootskrapers heen en weer beweeg. ’n Vloot van sowat tagtig vragmotors staan gereed op die parkeerterrein, nie ver van die kantoorgeriewe en die behuising op die terrein nie.

Volgens bronne het hulle nog nie die gesogte mineraalafsetting raakgeboor nie, maar Xinfeng se gretigheid is onmiskenbaar. Die afgelope Donderdag is talle vragmotors gestuur om hul registrasie by die NaTIS op Karibib te gaan hernu.

Die klein myndorpie Uis bevind homself in die middel van ’n internasionale stormloop vir litium. Andrada Mining wat die tinmyn op die dorp bestuur, het verlede maand aangekondig hy kan bykomende litiumkonsentraat saam met sy gewone tinkonsentraat ontgin. Andrada se proefaanleg om litium te verwerk, sal na verwagting teen Julie vanjaar voltooi wees, volgens die Suid-Afrikaanse mynbouer.

Chief Zacharias Seibeb, die hoofman van die Daure Daman Tradisionele Owerheid op Uis, sê die ontevrede inwoners wat vroeër vanjaar teen litiummynbouers geprotesteer het, is oningelig oor hoe eksklusiewe prospekteerlisensies (EPL’e) en mynboulisensies toegeken word.

Volgens hom was meer as 88 EPL'e reeds goedgekeur voor enigiemand die tradisionele owerheid om toestemmingsbriewe genader het. Nogtans is net twee EPL’e op die oomblik aktief, sê hy.

Seibeb glo mynboubeleggers kan ontwikkeling en werksgeleenthede vir sy verarmde gemeenskap meebring, en hy kan hulle nie sommer wegwys nie.

“Die Chinese sit met die papiere van die ministerie. Die mynkleims, mynboulisensies en prospekteerlisensies word almal deur die ministerie van myne en energie toegeken. Ons is nie myninspekteurs nie en na ons toestemming gee is dit in die ministerie se hande,” sê hy.

Volgens hom het Xinfeng reeds sy EPL en kleims by Namibiërs gekoop en deur die ministerie laat goedkeur nog voor die tradisionele owerheid om toestemming genader is. “Selfs as die tradisionele owerheid wou weier, kan die minister of die inspekteur of die mynboukommissaris steeds voortgaan met die toekenning van ’n lisensie. Ek is ook bekommerd vir my mense. As ons sou weier, hoe sou ons daarna om hulp kan gaan vra?”

Volgens Seibeb het Andrada al drie keer spesifiek vir inwoners van die dorp werksgeleenthede gebied, en selfs vereistes verlaag om meer van hulle te akkommodeer. ’n Gesprek is ook met Xinfeng gevoer oor hoe hulle inwoners sal akkommodeer, maar nie weer na die inwoners beswaar gemaak het nie, sê Seibeb.

Xinfeng kry ook teenstand vanaf die minister van myne en energie, Tom Alweendo, wat hul mynboulisensie (nommer 243) vir hul ander litiummyn buite Omaruru wil terugtrek. Regter Ramon Maasdorp het Vrydag ’n uitspraak oor ’n dringende aansoek wat in dié verband gebring is, tot 7 Junie uitgestel. Xinfeng het in hofdokumente gesê bedrywighede by die Omaruru-myn staan sedert Desember stil, en volgens ’n wag by die hek het die hele arbeidsmag sedertdien Uis toe getrek.

Intussen gaan kleinskaalse myners van Uis voort met hul gebruiklike praktyk om kleims in die omliggende berge te ontgin. Volgens Seibeb verkoop hulle ook nou litium aan buitelanders, buiten die halfedelgesteentes wat hulle al vir jare aan toeriste langs die pad smous. Kleinskaalse myners is bekommerd oor hulle houvas op hul kleims met die toename in aansoeke van groot mynbouers. Die Australiese mynboumaatskappy Aksari Metals se EPL is ook op die dorp geleë tussen ML 129 en ML 134, wat aan Andrada behoort. Beamptes van Andrada, die ministerie van myne en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het verlede week by kleinmyners se huise wes van die dorp besoek afgelê. Hulle wou nie verklap wat die redes vir dié besoeke was nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.64 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.16 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.15/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.009 | Zinc US$ 3 012.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 73.99/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 989.11/OZ UP +0.08% #N/A