Meer groothandelaars in brandstof weer toegelaat
Die ministerie van myne en energie hef vandag die moratorium op die uitreiking van nuwe lisensies vir die grootmaathandel in brandstof op.
In ’n verklaring vroeër vandeesweek het die minister aangekondig dat die verbod, wat sedert 15 Augustus 2022 van krag is, op 16 Augustus 2024 opgehef sal word.
Volgens die verklaring is die verbod ingestel om die ministerie in staat te stel om sy lisensiestelsel te verbeter.
Toepaslike maatskappye sal nou weer aansoek kan doen om brandstof in grootmaat te kan in- en uitvoer, volgens die woordvoerder van die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor), Paulo Coelho.
“Dit is egter nie so maklik soos mense mag dink nie. Die maatskappye sal moet bewys hulle het die kapasiteit en die infrastruktuur om dit te kan doen,” brei hy uit.
Namcor is verantwoordelik vir die nasionale brandstof stoorgeriewe langs die kus en volgens Coelho werk die stelsel goed om te verseker daar bly altyd steeds ten minste 30 dae se brandstof voorraad in die land.
Die ministerie se verklaring het ook uitdruklik gesê dat die verbod op die bou van nuwe brandstofvulstasies in plek bly.
“Dit is omdat daar bewyse is dat die gemiddelde vraag na brandstof nie toegeneem het nie, wat daarop dui dat die uitreiking van nuwe kleinhandellisensies die lewensvatbaarheid van bestaande vulstasies dalk negatief kan beïnvloed.
“Die ministerie sal voortgaan om die brandstofmark te evalueer, met die oog daarop om hierdie moratorium te hersien,” lui die verklaring.
Nietemin is daar genoeg geleenthede om ’n brandstofvulstasie te koop, as iemand dit wou doen.
Die samesmelting van Vivo Energy (Shell) en Engen vroeër vanjaar het spesifiek opdrag van die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) gelok dat dié nuwe maatskappy van sy vulstasies sal moet verkoop.
Twee maande gelede is berig dat byna 60 vulstasies wat aan die olie- en brandstofreuse Shell en Engen behoort te koop is. Die koopgeleentheid vir 58 vulstasies is reeds op 21 Mei geadverteer.
Nog ’n geleentheid wat na bewering ook sou bestaan, is om Namcor-vulstasies te koop, nadat die kabinet sy ontevredenheid uitgespreek het met die niewinsgewende vestiging van dié tak van Namcor se besigheid.
Coelho het egter dié bewering ontken.
“Terwyl ons die huidige posisie evalueer, bly ons ten volle daartoe verbind om ons kommersiële en kleinhandelbedrywighede te handhaaf,” het hy by navraag gesê.
Coelho sê die finale bevel om onmiddellik te verkoop is nog nie deur die kabinet uitgereik nie.
Hy erken egter: “Ons is tans besig om ons stroomaf-bedryfsmodel te herevalueer. Die herevaluering is ’n kernkomponent van ons groter omkeerstrategie.
“Ons beoog om ons bedrywighede vaartbelyn te maak en ons aktiwiteite in lyn te bring met betrekking tot ons nasionale mandaat, en die opwindende ontwikkelings in die stroomop-sektor, insluitend onlangse olie-ontdekkings,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie