Namcor se tussentydse besturende direkteur, Ebson Uanguta. Foto Namcor
Namcor se tussentydse besturende direkteur, Ebson Uanguta. Foto Namcor

Namcor se geldsake ‘steeds beroerd’

Doeltreffendheid is deurslaggewend, sê Uanguta
'n Waarborg van N$1,2 miljard is nie genoeg om die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië se skuld te delg nie.
Augetto Graig
“Ons is nog nie uit gevaar nie.”

Só het die tussentydse besturende direkteur van die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor), Ebson Uanguta, gister gewaarsku.

Uanguta het op die regering se inligtingsentrum-uitsaaiprogram verskyn om groter insig in die stand van sake by dié staatsonderneming te gee.

Ondanks die waarborg van N$1,2 miljard wat vroeër vanjaar deur die regering verskaf is, wat kommersiële banke oortuig het om meer geld beskikbaar te stel, staar die maatskappy steeds finansiële risiko in die gesig.

Die agterstallige skuld kon egter vereffen word en die oorblywende skuld is geherstruktureer en beter terme vir toekomstige aankope kon onderhandel word.

“Ons mag dalk verdere ondersteuning in die toekoms nodig hê. Die transformasie en hervorming sal steeds ondersteuning benodig oor die komende 12 tot 18 maande,” het Uanguta egter gesê.

“Die skuld is groot [. . .] ons krediteure was amper gereed om aansoek te doen vir ons likwidasie.”

Sedert Uanguta as die adjunk-goewerneur van die Bank of Namibië (BoN) in Januarie vanjaar gesekondeer is om die oliemaatskappy se omkeerplan te behartig, is daar volgens hom vordering gemaak. Hy erken wel dat Namcor se finansies ’n uitdaging bly.

Hy meen die huidige finansiële situasie is veroorsaak deur die verval van Namcor se bestuur, ’n gebrek aan doeltreffendheid en die bedryf van dele van die maatskappy in isolasie.

“Ons moes die silo’s breek.”

Spesifiek was samewerking tussen die stroomaf verkoops- en bemarkingsafdeling, sowel as die logistieke en voorsieningsafdeling van uiterste belang.

Hy sê plaaslike verkope moet só verwerk word dat daar genoeg kapasiteit beskikbaar is sodra die produk in Walvisbaai se hawe land.

Olie wat op ’n skip moet wag om afgelaai te word, kos honderde Amerikaanse dollars per dag, wat Namcor se wins kan beïnvloed.



DOELTREFFENDHEID

“Ons werk nou daaraan om proaktief te wees. Doeltreffendheid is deurslaggewend,” benadruk hy.

Hy brei uit dat die oliebedryf doeltreffendheid vereis, veral aangesien regulasies oor die prys van brandstof winste beperk.

Internasionale oliemaatskappye spog met tegnologie wat hul voorraad 24 uur per dag meet en die vlakke van opgaartenks wêreldwyd onmiddellik kan kommunikeer.

Namcor het nie hierdie vlak van ondersteuning nie en vertragings in die deel van inligting het ernstige gevolge, meen Uanguta.

“Ons werk nou daaraan om stelsels en prosesse in plek te stel vir onmiddellike toegang tot inligting,” sê hy.

Uanguta het ook leiding geneem met die hervorming van Namcor se begrotingsproses en het sowat N$22 miljoen aan onnodige uitgawes vir dié staatsonderneming bespaar.

Reis- en verblyfkoste is twee van die uitgawes wat besnoei is.

“Om koste te beperk moet ’n mens met beplanning begin. Ons moet probeer om binne ons vermoë te leef. Dissipline begin by die huis,” het hy gesê.

Hy verduidelik verder dat die verspreiding van inligting binne die maatskappy ook sal help om onenigheid en spekulasie te verminder.

Uanguta loof ook Namcor se werknemers wat al drie tot vier jaar sonder ’n verhoging werk.

“Wanneer ons hierdie maatskappy vir die regering en die land bestuur, moet ons dit doen soos ons ons geldsake by die huis bestuur.

“Ons finansies by die huis word oordeelkundig hanteer, maar as dit by die regering se sake kom, volg ons ’n laissez faire-benadering en ons doen die minste.

“Ons moet wys ons doen dit nie vir onsself nie, maar dat ons die mense verteenwoordig. Ons moet die regte ding doen en verseker dat die mense oor vyf of tien jaar daarby sal baat vind.”

Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho, het ook gister bevestig dat die proses om ’n nuwe besturende direkteur aan te stel nog nie begin het nie en dat Uanguta na verwagting gedurende die huidige boekjaar sal aanbly.

Hy sê vordering word gemaak met betrekking tot die vereffening van skuld en die omkeerplan, hoewel hy nie die jongste skuldsyfers kon deel nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.13 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.58 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.1 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1602.08 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1848.93 Down -0.6% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30584.24 Up +1.03% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 676.30/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.13% | Zinc US$ 3 093.00/T UP 1% | Brent Crude Oil US$ 74.17/BBP DOWN -0.0113 | Platinum US$ 991.43/OZ UP +0.75% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.13 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.58 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.1 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1602.08 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1848.93 Down -0.6% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30584.24 Up +1.03% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 676.30/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.13% | Zinc US$ 3 093.00/T UP 1% | Brent Crude Oil US$ 74.17/BBP DOWN -0.0113 | Platinum US$ 991.43/OZ UP +0.75%