Namcor van krag tot krag
Inkomste uit olieproduksie ’n vooruitsig
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië het uitbreidingsplanne wat vulstasies, olieberging en toekomstige produksie betref.
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) gaan van krag tot krag, volgens sy besturende direkteur, mnr. Immanuel Mulunga, wat verlede Dinsdag in Davos in Switserland by die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) beleggingsgeleenthede voorgelê het.
Namcor spog met ’n 10%-belang in die onlangs ontdekte aflandige Garff-1- en Venus1X-olieboorgate langs die Namibiese kuslyn.
Oliereuse Shell en Total is onderskeidelik die meerderheidvennote in dié twee ontdekkings wat volgens Namcor-navorsing gesamentlik die bruto binnelandse produk (BBP) teen 2040 tot US$37 miljard kan verdubbel.
Teen 2027-’28 wanneer produksie vanaf die olievelde na verwagting kan begin, sal 3 600 nuwe werksgeleenthede geskep word, sê hy.
“Hierdie is ’n reuse-ontdekking,” sê hy.
By dieselfde geleentheid het Shell se bestuurder in Namibië, mnr. Denis Zekveld, uitgebrei oor die reuse-kapitaal wat vir olie-eksplorasie benodig word, met onder meer N$1,5 miljard vir seismiese ondersoeke en N$1 miljard per boorgat met ’n sukseskoers van een uit sewe.
“Olie-eksplorasie is hoë risiko teenoor hoë geldelike beloning. Met Graff-1 het ons in Desember begin boor en in Februarie die aankondiging gemaak. Ons het besluit om direk daarna weer te boor en die tweede boorgat was ook ’n sukses. Die twee ontdekkings belowe uiters opwindende tye vir Namibië,” het hy gesê.
“Dit is die begin van ’n belowende reis vir Namibië. Dit kan ’n verskil maak en ’n spelwisselaar vir die land wees.”
Verder besit Namcor ook meerderheidsaandele in verskeie eksplorasieblokke naby die onlangse olie-ontdekkings in die Oranjekom.
Mulunga sê die staatsonderneming is gereed om sake met beleggers te doen.
Namcor is ook besig om sy afhanklikheid van ’n 7,6 sent per liter heffing op brandstof waarmee die regering die instansie onderhou, te verminder, sê hy.
Oor die laaste vyf jaar kon die staatsonderneming sy inkomste vanaf N$574 miljoen tot N$2,84 miljard verhoog, en teen volgende jaar verwag Mulunga N$5,4 miljard.
Die werksaamhede van die nasionale brandstofbergingsprojek is verlede jaar aan Namcor toegeken, wat 75 miljoen liter kan akkommodeer.
Sedert die toekenning in Maart 2021 het Namcor 50 werknemers aangestel om die fasiliteit optimaal en kommersieel te bestuur.
Altesaam 30% van die beskikbare kapasiteit word tans benut terwyl die staatsonderneming sy deurset tot 60% wil verhoog, sê hy.
Een deel van die strategie is om brandstofkleinhandel uit te brei. Namcor het reeds 12 vulstasies landswyd, en bou tans nog tien.
Mulunga sê hulle beoog om 33 vulstasies teen 2024 te vestig. Een van dié vulstasies is in vennootskap met TransNamib, saam met wie Namcor ’n omgewingsvriendelike, hoë tegnologiese vulstasie met herlaaifasiliteite vir elektroniese voertuie in die hoofstad wil bou.
Namcor kyk ook na produksie en was reeds verlede jaar – voor die Shell- en Total-ontdekkings in Februarie aangekondig is – in die proses om vir gesamentlike eienaarskap van Sonangol-bates in Angola te bie.
Mulunga het die week aangekondig dat Namcor, saam met vennote Petrolog en Sequa Petrolluem, ’n 10%-aandeel in Blok 1506 vir US$450 miljoen op 12 April toegeken is.
Hy sê die blok is bedrywig met ses nuwe olie-ontdekkings en bestaande produksie van 106 000 vate olie per dag.
“Nog stappe moet voltooi word, maar die koopkontrak vir aandele wat ons op 12 April geteken het, dui dat dit van daardie datum van krag is. As ons dus soos verwag word teen 3 Augustus die transaksie in geheel voltooi het, sal ons reeds US$20 miljoen verdien het,” volgens Mulunga.
Mulunga het namens Namcor, en Zekveld namens Shell, aangedring dat hul ondernemings toegewy is tot die oorgang van energie vanaf koolstofgebaseerde opwekking na hernubare bronne.
“Namcor is die nasionale oliemaatskappy, maar ons wil die nasionale energiemaatskappy wees,” sê Mulunga. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie