Namibië baat by sonkragprojekte
Puma Energy Namibia het tot dusver sonkragprojekte by sy kleinhandelpersele, depots en terminale in Namibië bekend gestel.
Hulle het nou altesaam 24 sonkragprojekte in Namibië met ‘n gesamentlike kapasiteit van 781 kWp wat jaarliks ‘n geraamde 1 337 MWh kan genereer. Na raming kan hierdie hoeveelheid sonenergie koolstofdioksied (CO2)-vrystellings met 1 044 ton per jaar verminder.
Ongeveer 40% van Namibië se elektrisiteit word uit Suid-Afrika ingevoer, wat dikwels in steenkoolkragsentrales opgewek word. Dus is die benutting van die land se natuurlike hulpbronne goed vir die omgewing en maak die land minder afhanklik van sy buurland.
Hierdie projekte sal 'n blywende positiewe impak hê en aansienlike hoeveelhede skoon energie lewer.
Die ontplooiing in Namibië dra by tot Puma Energy se groter planne om teen die einde van 2022 meer as 200 sonkragprojekte regoor die wêreld te hê met globale koolstofbesparings van 9 815 ton CO2.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie