Namibië wil leer by olieryke Katar
Wil produksie teen 2028 bereik
Katar se betrokkenheid as belegger is 'n belangrike faktor om te verseker dat Namibië volhoubare voordeel sal trek uit sy nuutgevonde oliebronne, het Alweendo gesê.
Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, sê Namibië sal geweldig baat by Qatar Energy se betrokkenheid by twee oliebronne wat onlangs in die suide van die land ontdek is.
Hy het die opmerkings gemaak na aanleiding van Katar se minister van energie se besoek aan Staatshuis vandeesweek om met president Hage Geingob te vergader.
Katar is betrokke by die Graff-1- en Venus-bronne as ‘n aandelevennoot deur sy nasionale oliemaatskappy, Qatar Energy.
“Ons sien daarna uit om uit sommige van die ervarings te leer. Dit is ‘n nuwe bedryf vir ons,” het Alweendo gesê.
Katar se betrokkenheid as ‘n belegger en land was nog ‘n belangrike faktor om te verseker dat Namibië goeie voordeel sal trek uit sy nuutgevonde oliebronne, het die minister bygevoeg.
Qatar Energy besit ‘n belang van 30% in die Venus-bron en ‘n 45%-belang in Graff-1 terwyl die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) ‘n 10%-aandeelhouer in beide is.
Shell is die ander aandelevennoot in Graff-1, terwyl TotalEnergies ‘n aandeel van 45% in Venus het.
STAATSVENNOOT ‘N BATE
“Om ‘n vennoot soos jy [Katar] te hê wat nie net ‘n belegger is nie, maar ‘n staat, dink ek beslis ons gaan leer uit goeie ervarings wat gemonetiseer gaan word om seker te maak dit word betekenisvol vir die mense en die Namibiese ekonomie,” het Alweendo gesê.
Katar se minister, mnr. Saad bin Sherida Al Kaabi, was beïndruk met die regulatoriese omgewing in Namibië en het gesê die land sal op die pad vorentoe daarby baat wat die ontdekking van olie betref.
“Om instellings te hê en seker te maak die waarde van kontrakte is in plek en dat alles deur instellings gedoen word en nie deur individue nie, is die pad om te volg.
“En ek dink wat julle in Namibië doen deur jul president se leiding, is ‘n baie professionele opset,” het hy gesê.
Met sy aandelevennote sal Qatar Energy die ontwikkeling van die oliebronne op die vinnigste moontlike manier bespoedig en volgende jaar met verdere boorwerk begin, het hy bygevoeg.
“Ons moet bykomende boorgate boor, wat volgende jaar sal gebeur, en hierdie boorgate sal ons ‘n beter begrip gee van die lewerbaarheid.”
In ‘n onderhoud met Bloomberg vroeër vanjaar het Namcor se raadsvoorsitter, me. Jennifer Comalie, gesê die olievondse kan tot US$5,6 miljard (sowat N$100,35 miljard) tot die ekonomie toevoeg.
Namibië beplan om die produksiefase teen 2028 te bereik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie