WHAT ESKOM: NamPower CEO Simson Haulofu says the company is not overly reliant on Eskom for its power needs.
WHAT ESKOM: NamPower CEO Simson Haulofu says the company is not overly reliant on Eskom for its power needs.

NamPower ‘nie van Eskom afhanklik’

Kry meeste voorraad van Zambië, Zimbabwe
Die nasionale kragverskaffer is ongeveer N$1,5 miljard deur plaaslike owerhede en plaaslike elektrisiteitsverspreiders verskuldig.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – NamPower se uitvoerende hoof, Simson Haulofu, sê Namibië maak nie staat op die Suid-Afrikaanse grootmaat-energieverskaffer Eskom vir al sy kragbehoeftes nie en kry eintlik aansienlik meer van sy elektrisiteitsvoorraad van Zambië en Zimbabwe.

NamPower verkry sy kragvoorraad van Eskom, Zesco in Zambië en die Zimbabwe Power Company.

Haulofu het die opmerkings gemaak in die lig van Eskom se planne om moontlik fase 9-beurtkrag in Suid-Afrika te implementeer en of dit enige invloed sal hê op NamPower se vermoë om elektrisiteit aan Namibië te verskaf.

“Ons het bilaterale ooreenkomste met Eskom om 100 megawatt (MW) aan ons te verskaf en ons het ooreenkomste in Zambië vir 180 MW. Natuurlik praat ons in hierdie land altyd [van] Eskom, [maar] ons kry meer krag uit Zambië, [en] nog 80 MW van Zimbabwe.

“Ons is nog nooit deur een van hulle genader dat ons [toevoer] gesny sal word nie,” het Haulofu gesê.

SKULDINVORDERING

Die uitvoerende hoof het opgemerk wanneer Eskom beurtkrag in Suid-Afrika implementeer, doen hy dit ook in Namibië in die mate wat dit in daardie land geïmplementeer is.

“Met Eskom, wanneer hulle beurtkrag in Suid-Afrika implementeer, word beurtkrag ook proporsioneel in Namibië geïmplementeer,” het hy gesê.

Volgens Haulofu was planne om verskeie plaaslike owerhede en Nored se krag af te sny ’n manier om potensiële beurtkrag in Namibië te vermy. Die maatskappy is ongeveer N$1,5 miljard deur plaaslike owerhede en plaaslike elektrisiteitsverspreiders verskuldig.

“Daar was verskeie pogings deur hierdie maatskappy om seker te maak ons rekeninge word betaal. Ek het selfs persoonlik individuele kliënte besoek om ernstige vergaderings oor hierdie skuld te hou. In 2021 is byna dieselfde advertensie in elke koerant geïgnoreer en ons almal onthou hoe Stad Windhoek – wat ons N$500 miljoen geskuld het – daardie skuld onmiddellik vereffen het,” het hy gesê.

Haulofu het verder enige insinuasies dat NamPower die kragtoevoer na plaaslike owerhede en plaaslike elektrisiteitsverspreiders sny weens dreigemente van sy verskaffingsvennote, as onwaar afgemaak en gesê dit is eerder ’n manier om terug te kry wat aan hom verskuldig is.

“Ons doen dit op ons eie en ons vorder in wat aan NamPower verskuldig is,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!