Nederland gasheer vir waterstofgesprekke
Lüderitz se burgemeester as gasspreker gelys
President Nangolo Mbumba sal volgens die amptelike program vanoggend 'n toespraak lewer.
President Nangolo Mbumba is in Nederland waar hy vanjaar se Wêreldwaterstofberaad en -uitstalling sal bywoon.
Die president het reeds Saterdag in Nederland aangekom en sal volgens Staatshuis tot ten minste 15 Mei bly wanneer die beraad tot ’n einde loop.
Staatshuis sê hy sal met die koning van Nederland, koning Willem-Alexander, en met die eerste minister van Nederland, Mark Rutte, vergader.
Die Nederlandse regering, die stad van Rotterdam en die Rotterdamse haweowerheid bied die beraad aan.
Volgens die program sal Mbumba vanoggend ’n toespraak lewer en die burgemeester van Lüderitz, Phillippus Balhao, word ook as ’n gasspreker op die amptelike program aangedui.
Balhao het verlede week op sosiale media gesê hy is opgewonde om deel te neem en ’n spreekbeurt by die geleentheid te geniet.
Die burgemeester noem dit “’n fantastiese geleentheid om betrokke te raak by die grootste en mees senior wêreldwye waterstofgeleentheid, saam met 15 000 professionele waterstofpersoneel en meer as 500 uitstallers.
“Dit is werklik so ’n groot eer om die geleentheid te hê om Lüderitz te verteenwoordig.
“My missie is om lig te werp op die reusegeleenthede in Lüderitz, asook ons uitdagings en die geweldige pogings wat die Lüderitz-dorpsraad aangewend het om ons dorp voor te berei vir die herlewing van Lüderitz,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie