Nóg uraan by Khan-projek ontdek

Augetto Graig
Madison Metals het Maandag die ontdekking van nog uraan in boorgat KM5RC003 aangekondig, waar sterk uraanmineralisasie op dieptes van 45 m en weer op 148 m raakgeboor is.

Daar is eers 1,36% U3O8 op 45 m gevind en daarna is monsters met 1,54% uraan dieper raakgeboor. Die tweede ontdekking word spesifiek in die aankondiging beskryf as ’n beduidende uraanmineralisasie.

Dié Australiese genoteerde maatskappy het die ontdekking gemaak op sy Khan-projek, wat binne sy Madison-West- eksklusiewe prospekteerlisensie EPL 8905 en sy mynlisensiegebied ML86A geleë is. Dit is onmiddellik suidwes van die langste aaneenlopende uraanmynoperasie in Namibië, Rössing, en wes van Namibië se grootste uraanmyn, Swakop Uranium se Husab-myn geleë.

Madison Metals noem die ontdekking indrukwekkend en sê nog chemiese toetse en geologiese ondersoeke sal volg.

“Die mineralisasie is oop in alle rigtings en vereis bykomende boorwerk om die grootte en geometrie te bepaal,” lui die verklaring.

Verdere boorwerk word ook beplan binne die slootgebied TR003, waar die jongste ontdekking gemaak is, en in die nabygeleë beplande loopgrawe TR004 en TR005.

Reeds in Februarie vanjaar het Madison Metals groot sukses by die Khan-projek aangekondig, toe oppervlakmonsters met tot 8,47% U3O8 gevind is.

“Madison se uraan-ontdekking by Khan toon ’n graad gelykstaande aan bekende neerslae in Niger en die Athabasca-kom, met duidelike voordele.

“Die voordele sluit in dat die Khan-ontdekking van oppervlakmonsters verkry is, binne vragmotorafstand van ’n bestaande verwerkingsfasiliteit is, op ’n gelisensieerde mynterrein geleë is, en vereis minimale kapitaal om produksie te bespoedig,” het Duane Parnham, die uitvoerende voorsitter van Madison Metals, destyds gesê.

“Hierdie strategiese kombinasie gee ons ’n hupstoot op ons pad om onmiddellike kontantvloei te genereer, wat ons verbintenis tot aandeelhouerswaarde versterk, en plaas Madison op ’n direkte pad om die volgende sleutelspeler in die uraanmark te word,” het hy bygevoeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A