MoHE commends NTA’s TVET efforts.edited
MoHE commends NTA’s TVET efforts.edited

NTA stel sonkragaanleg bekend

Ter waarde van meer as N$4 miljoen
Die installering van fotovoltaïese sonkragaanlegte is 'n 'bemoedigende ontwikkeling', het die minister gesê.
Yandi Du Plessis
Elizabeth //Kheibes - Die minister van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing, Itah Kandjii-Murangi, het die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) geloof vir sy pogings om innoverende maniere te demonstreer om tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleidingsvaardighede en kundigheid (TVET) te lewer.

Kandjii-Murangi het dit gesê tydens die inhuldiging van die Gobabis Beroepsopleidingsentrum se fotovoltaïese sonkragaanleg.

Die koste van die installasie het net meer as N$4 miljoen beloop.

Volgens die NTA sluit dit die aanleg, kameras, sonkragligte en infrastruktuur soos heinings in.

UIT ARMOEDE

“Om werk te skep – en seker te maak dit is die regte werk – sal wees hoe ons ons mense uit armoede oplig, hoe ons duisende vroue en jongmense bemagtig en hoe ons ’n sterk, veilige en robuuste ekonomie ontwikkel,” het die minister gesê.

“In hierdie verband is die TVET-sektor, as ’n integrale deel van ons hoofstroom nasionale onderwysstelsel, van kritieke belang vir ons toekomstige mededingendheid. As ’n ministerie is ons beïndruk deur hoe die NTA die gestelde prioriteite en die verwante uitdagings hanteer. Dit bly egter van kritieke belang vir die ministerie en die NTA om die momentum en toewyding te behou om die aanbieding van TVET in Namibië suksesvol te transformeer,” het sy gesê.

Kandjii-Murangi het gesê in Namibië oorskry die behoefte aan vaardigheidsopleiding dikwels die beskikbare hulpbronne.

Die projek vir die bevordering van tegniese en beroepsopleiding in Namibië (ProTVET) is ’n gesamentlike tegniese samewerkingsprogram van die NTA en die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) – namens die Duitse Federale Ministerie van Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling – wat ook die projek deur ’n afvaardigingsooreenkoms gefinansier het.

PERFEKTE OMGEWING

Die installering van fotovoltaïese sonkragaanlegte is ’n “bemoedigende ontwikkeling,” het die minister gesê.

“Sulke stelsels is perfek vir Namibië se droë toestande omdat hulle uiters duursaam is en min onderhoud verg. Panele kan tot 25 jaar of meer hou en is gemaak om ons uiterste weerstoestande soos hoë winde en sandstorms te verduur,” het sy gesê.

Verder het Kandjii-Murangi gesê die installering van sonkragaanlegte is ’n stap “in die regte rigting”.

Die projek het in Februarie vanjaar afgeskop en is in Julie voltooi. ’n Stelsel van 80 kilowatt wat op die grond gemonteer is, is geïnstalleer, wat alle kragbehoeftes van hierdie sentrum dek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!