Nuwe ECB-raad neem leisels oor
Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) se nuwe raad neem môre amptelik die leisels oor, nadat die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, gister die name bekend gemaak het.
Die raad is vir ’n termyn van vier jaar aangestel en word deur Evangeline Nailenge as voorsitter gelei, met prof. Tjama Tjivikua as haar adjunk. Ander raadslede sluit in Mburumba Appolus, Vincia Cloete en Helen Vosloo.
“Ek wil ’n pleidooi aan julle rig om die mandaat van die ECB saam met sy uitvoerende bestuur uit te voer; dit deur beheer oor die kragverskaffingsbedryf uit te oefen. Reguleer die vasstelling van tariewe en reik lisensie uit in terme van die hoofverantwoordelikhede; kragopwekking, transmissie, verspreiding, voorsiening, en invoere en uitvoere,” het Shilunga aan die raad gesê.
Sy het op navraag uitgebrei dat kragtariewe altyd in terme van verkrygingskoste vasgestel word. Sy het ’n beroep op die raad gedoen om goeie bestuur af te dwing en gesê etiese gedrag is noodsaaklik om die nasie se vertroue te wen en om die bedryf op te bou.
“Ons sal slegs vertrou word as ons goeie bestuur toepas,” voeg sy by.
Die inwoners van Katutura het gister – terwyl die raad aangekondig is – ’n optog na die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gehou om op die toegang tot krag aan te dring.
Shilunga sê universale toegang tot krag is ’n droom vir Namibië wat stap vir stap deur die begroting en beleide benader word.
“Eendag is eendag en ek hoop ons sal dit bereik,” sê sy.
In terme van onafhanklike kragverskaffers, sê sy daar is reeds ’n wetlike raamwerk om meer beleggings in dié bedryf te lok, terwyl die regering tans aan die raamwerk vir groen waterstof werk, om so gou as moontlik hierdie nuwe sektor plaaslik te kan vestig.
Gas is nog glad nie gereguleer nie, maar met onlangse olie-ontdekkings langs die suidkus, sê Shilunga dat die regering beslis binnekort gas- en olieregulasies sal ontwikkel.
“Wêreldwyd is daar ʼn energiekrisis en deur ons mark oop te stel, is ons op soek na antwoorde tot die vrae wat ons in die gesig staar. Ons moet ook krag opwek om buite Namibië te versprei, omdat ons elektrisiteit vir Namibië en die streek wil bied. As dit nie vir die Suider-Afrikaanse kragpoel (SAPP) was nie, het Namibië nie reeds elektrisiteit gehad nie. As Suid-Afrika ’n probleem het, dan het ons ’n probleem, en as Namibië ’n probleem het, dan het Angola ook ’n probleem,” het sy uitgebrei.
Namibië voer steeds tot 70% van sy elektrisiteitsvraag in, volgens die adjunkminister.
Die ECB se uitvoerende hoof, Robert Kahimise, het Shilunga bedank en gesê: “Ek is net dankbaar vir ’n volledige raad.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie