Olie- en gasbedryf ‘sal transformasie bring’

Konferensie duur vandag voort
Sowat 930 deelnemers en meer as 60 gassprekers baan die weg na welvaart vir Namibiërs.
Augetto Graig
Namibië ontwikkel steeds as ’n ligpunt vir die toekoms van wêreldwye energievoorsiening te midde van die onstuimigheid van geopolitiek in die wêreld.

So het die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, namens minister Tom Alweendo by die tweede jaarlikse Namibië Olie- en Gaskonferensie gesê.

Die konferensie is gister amptelik by die Mercure Hotel in Windhoek geopen en duur vandag voort.

Sowat 930 deelnemers, waarvan slegs 60% Namibiërs is, is by die geleentheid, onder die tema “Die volgende stap na ’n voorspoedige olie- en gasbedryf” teenwoordig.

Die konferensie word gehou om ’n grondslag te lê vir doeltreffende hulpbronbestuur, plaaslike welvaart en betekenisvolle deelname, veral in die lig van die nasionale oliemaatskappy, Namcor, se aandeelhouding in die oliebedryf, volgens Alweendo.

Onlangse olie-ontdekkings wink met die belofte van ekonomiese groei; die herhaalde boodskap is egter om die opbrengs so te kan aanwend dat dit alle Namibiërs kan bevoordeel.

“Ons is ten volle bewus daarvan dat die opkomende petroleumbedryf transformasie sal bring, nie net geleenthede nie, maar ook uitdagings,” sê Alweendo.

“Daar is talle voorbeelde oraloor die wêreld waar olie- en gasontginning negatiewe sosioëkonomiese en politieke impak gebring het,” sê die minister.

Die hulpbronvloek moet dus nie ligtelik opgeneem word nie en lesse moet uit ander se ervarings geleer word, sê Alweendo.

Duidelike nasionale doelwitte, doeltreffende rentmeesterskap, bydrae tot energie-onafhanklikheid vir die land, ’n hupstoot vir industrialisasie en werkskepping, en die beste strategie vir eksplorasie en gebruik van die olie is noodsaaklik.

Sowel as die voorkoming van die impak van olie-inkomste op die vervorming van die ekonomie, die bevordering van plaaslike waardetoevoeging, die beskerming van die omgewing en die prioritisering van die verwerking van aardgas aan land om stroomop- en stroomaf-nywerhede te vergemaklik, lig hy uit.

Namcor en die hawe-owerheid Namport moet aktief deelneem aan die ontwikkeling van gedeelde infrastruktuur vir olie- en gasontwikkeling, terwyl die staat se belange beskerm moet word.

“Olie- en gas-inkomste moet so bestuur word dat dit die lewenstandaard van beide huidige en toekomstige geslagte Namibiërs verbeter,” voer die minister aan.

“Ons verwag van internasionale maatskappye, beide lisensiehouers en diensverskaffers, om ’n kritieke rol te speel,” sê Alweendo.

Die voorsitter van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, Jason Kasuto, het die bedryf aangemoedig om die waarde van olie-ontginning in Namibië aan Namibiërs sigbaar te maak.

Nangula Uaandja, die uitvoerende hoof van die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB), het strategiese vennootskappe, plaaslike inhoud, ’n balans tussen ekonomiese groei en die bewaring van die omgewing, en ondersteuning vir Namibië se ontwikkeling na volhoubare energiebron vir Afrika aangemoedig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44%