Oliebedryfreus maak takke in Namibië oop
Die Amerikaanse olieveld-diensverskaffer Halliburton het vandeesweek sy takke amptelik in Namibië ingewy.
Die minister van energie en myne, Tom Alweendo, en Halliburton se visepresident van Afrika Suid van die Sahara, Antoine Berel, het die takke ingewy wat ten doel het om plaaslike betrokkenheid in Namibië te verhoog voordat die eerste olieproduksie in die Oranjekom begin.
Die takke wat in Windhoek, Walvisbaai, Lüderitz en Swakopmund geleë is se openingseremonies het Maandag en Dinsdag plaasgevind. Dit is deur die Africa Energy Chamber (AEC) en Halliburton aangekondig.
“Ons is trots om Namibië se olie- en gasbedryf te ondersteun, by te dra tot die ekonomiese sukses van die land en geleenthede vir plaaslike mense te skep,” het Berel gesê.
Die tak in Windhoek sal op ondersteuningsdienste fokus, terwyl die Walvisbaai-geriewe sement- en boorvloeistofdienste, asook instandhouding sal hanteer.
In Swakopmund sal onder meer boor-, putvoltooiings- en perforasiedienste gelewer word. Die tak in Lüderitz sal sement- en draadlynbedrywighede ondersteun.
Die Walvisbaai-tak bestaan uit ’n belegging van sowat U$10 miljoen en sluit in bergingsgeriewe, fasiliteite vir horisontale tenks om sintetiese en watergebaseerde boorvloeistowwe te berg en te verwerk, asook bergingsgeriewe vir droë materiaal.
’n Laboratorium-eenheid sal ook ingenieurs- en ondersteuningsdienste vir buitelandse bedrywighede verskaf. Dié eenheid sal 200 Namibiërs in diens neem, met 50% vroue. Tot op hede het 750 plaaslike maatskappye op tenders gereageer.
“Hierdie nuwe geriewe stel ons in staat om naby ons kliënte te werk en die gevorderde tegnologieë en dienste te lewer wat batewaarde maksimaliseer,” het Berel gesê.
In April 2024 het Halliburton ’n geïntegreerde veelvuldige diepsee-boorkontrak met energiemaatskappye Rhino Resources en Azule Energy onderteken.
Ingevolge die kontrak sal Halliburton omvattende oplossings vir die konstruksie van eksplorasie- en evalueringsboorgatte aan die kus van Namibië verskaf.
“African Energy Chamber prys Halliburton se proaktiewe poging om sy teenwoordigheid in Namibië te vestig,” het AEC se voorsitter N.J. Ayuk, gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie