Olieboorbedryf: Rolspelers vergader in Windhoek
Lüderitz moet energie-spilpunt wees, sê Shino
Dié reusebedryf, waar die huurgeld van 'n enkele diepsee-boor verlede jaar tot US$500 000 (sowat N$9,4 miljoen) per dag gestyg het, het vanaf Dinsdag tot gister in die hoofstad byeengekom.
“Hiermee rol ons die rooi tapyt vir julle uit om in die Namibiese oliebedryf te belê.”
Só het Namibië se petroleumkommissaris, Maggy Shino, Dinsdag in haar openingstoespraak by die Internasionale Vereniging van Boorkontrakteurs (IADC) se Afrika Konferensie en Uitstalling gesê. Sy het ook ’n minuut van stilte gehou ter nagedagtenis aan wyle president Hage Geingob.
Dié reusebedryf, waar die huurgeld van ’n enkele diepsee-boor verlede jaar tot US$500 000 (sowat N$9,4 miljoen) per dag gestyg het, het vanaf Dinsdag tot gister by die Hilton Hotel in die hoofstad vergader.
“President Hage Geingob was ’n voorstander vir energie,” het sy gesê.
“Ons gaan voort om die pertinente kwessies van energiesekerheid wat Afrika raak, te takel; dit is wat president Geingob sou wou hê,” het sy gesê.
Sy het sakelui namens die ministerie van myne en energie verseker dat bedrywighede sonder onderbrekings sal voortgaan.
“As die petroleumkommissaris staan ek vandag hier om ons regering se verpligtinge tot die groei en ontwikkeling van die olie- en gas sektor te herbevestig,” sê Shino.
Data-ontleding dui op die voornemende en onontginde potensiaal van die Namibiese kom, met alles wat tot dusver groter en beter as verwagtinge was, sê sy.
“Daar is tans vier boorplatforms langs die kus van Namibië in ons produktiewe Oranjekom, wat beide eksplorasie- en evalueringsboorveldtogte deur Shell, Total en Galp behels.
“Ons verwagting is om teen die einde van vanjaar voort te gaan met evalueringsboorwerk met verskeie boorgate en die toetsing van nuwe moontlikhede, wat deur ReconAfrica, Rhino Resources en Chevron saam met hul gesamentlike ondernemingsvennote, geïdentifiseer is,” sê sy.
“Ons verwag dat die evalueringsverslae vanaf April sal inkom, en sodra die resultate gefinaliseer is, sal ons die volume kommunikeer en begin voorberei vir die volgende fase van die operasie,” sê sy.
“Ons strategie vir die volgende paar jaar is om soveel beleggings in eksplorasieaktiwiteite aan te dryf, wat tegnologiese vooruitgang en waardetoevoeging tot ons bestaande data omhels, slim vennootskappe te skep wat die verkryging van nuwe seismiese data moontlik maak, en om ’n oop lisensie-regime te handhaaf om te verseker dat ons ’n groot portefeulje van olie- en gasmaatskappye het wat op soek is na meer petroleumbronne op die Namibiese kontinentale plat (continental shelf),” brei sy uit.
“Ons hoop daar sal binne die komende maande finale beleggingsbesluite geneem word oor die ontdekkings wat TotalEnergies, Shell, Galp en die bestaande Kudu-gasprojek deur BW Energies gemaak het,” sê Shino.
Om Namibië in staat te stel om na die ontwikkelingsfase van die bedryf te beweeg, en gevolglik eerste produksie, is die ontwikkeling van infrastruktuur nodig, sê sy.
“Hiervoor word ’n beroep gedoen vir Lüderitz om die energie-spilpunt te wees,” sê sy.
Dit is te danke aan Lüderitz se uitsonderlike potensiaal vanweë sy strategiese geografiese ligging en nabyheid aan huidige ontdekkings, bestaande infrastruktuur en fasiliteite met potensiaal vir groei en hernubare energiepotensiaal.
“Die sleutel om hierdie droom ’n werklikheid te maak, is om in die ontwikkeling van infrastruktuur te belê,” het sy aangevoer.
Volgens Shino bars Walvisbaai stadig maar seker uit sy nate.
“Hierdie uitnodiging is egter op een voorwaarde; die deelname van Namibiërs op alle vlakke van die bedryf. Dames en here, plaaslike inhoud is ’n moet in die Namibiese petroleumbedryf,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie