Omburu-sonplaas amptelik ingewy
Eerste BESS-kragstoor kry tuiste
NamPower het verlede week sy 20MW hernubare kragaanleg buite Omaruru ingewy.
NamPower het Vrydag die inwyding van die Omburu 20 megawatt (MW)-sonkragaanleg 12 km buite Omaruru gevier.
Die besturende direkteur van NamPower, mnr. Kahenge Haulofu, het ook tydens die geleentheid aangekondig ’n 58MW-batteryenergiebergingstelstel (BESS) sal by die aangrensende Omburu-substasie gebou word. Die kragbergingstelsel sal die eerste in sy soort in Namibië en die subkontinent wees, sê hy.
“Om innoverende kragoplossings te bied, in ’n mark wat gedurig ontwikkel, is die Omburu-kragstasie gebou om kragberging in ’n batterystelsel te akkommodeer. Verlede jaar het Namibië en Duitsland, deur die KfW-ontwikkelingsbank, ’n skenking van €20 miljoen (sowat N$334 miljoen) vir die implementering van die eerste grootskaalse BESS in Namibië en Suider-Afrika beskikbaar gestel,” het Haulofu gesê.
Volgens hom is Omburu se inwyding, as die eerste hernubare kragopwekkingsaanleg wat NamPower volledig besit en bestuur, ’n bewys van dié staatsonderneming se toewyding om die voorste kragverskaffer in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) te word.
Die Omburu-aanleg beslaan 42 hektaar binne 300 hektaar wat die Omaruru-dorpsraad geskenk het, met 58 104 sonpanele en 5 5MW-omsetterstasies.
Die panele is op 183 enkelas-spoorbane gemonteer, wat die beweging van die son van oos na wes volg.
“Ek is trots om te sê die werksmag wat by die projek betrokke was, was almal Namibiërs, insluitend die ontwerpkonsultante, subkontrakteurs en die werkers,” het Haulofu gesê.
Haulofu het gesê die kontrakteur, ’n gesamentlike onderneming tussen HopSol Africa en Tulive Private Equity, het die projek binne die begroting gelewer.
Dié gesamentlike onderneming het op 17 Desember 2020 ooreengekom om die aanleg se ingenieurswerk, verkryging en konstruksie teen ’n koste van N$317 miljoen te voltooi.
Met die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) se goedkeuring op 19 Februarie 2021 kon NamPower geld uit die fonds vir oorverhaling van uitgawes gebruik om sy verwagte begroting van N$420 miljoen mee te finansier, sê Haulofu, en brei uit dat dit beteken verbruikers het self vir Omburu betaal.
Die hoofspreker by die geleentheid, me. Kornelia Shilunga, adjunkminister van myne en energie, het gesê die regering is toegewy tot die uitbreiding van plaaslike kragopwekkingskapasiteit vanaf 624MW na 879MW teen 2025, deur van 50MW se onafhanklike kragprojekte en die bykomende 220MW wat NamPower teen 2025 sal opwek, gebruik te maak.
“Dit sluit in die voorsiening van krag na 213 nuwe skole en gesondheidsgeriewe, terwyl 600 landelike en 13 000 stedelike huise krag sal ontvang,” sê sy.
NamPower bou ook ’n 40MW-windkragaanleg en evalueer tans die bi ërs, met die hoop om vroeg in 2023 ’n kontrak toe te ken, het Haulofu gesê.
Die projek om 40MW deur die gebruik van biomassa op te wek, is ook in ’n biestadium wat na verwagting in Augustus voltooi sal wees. “Ons hoop om die kontrak in die eerste kwartaal van 2023 toe te ken,” het Haulofu gesê.
“Die 50MW-kragstasie, bekend as Anixas II-kragstasie, is nou in die boufase en konstruksie sal na verwagting teen Desember 2023 voltooi wees,” het hy bygevoeg.
Die uitvoerende direkteur van Alpha Namibia Industries Renewable Power Limited (ANIREP), eienaars van Hopsol en vennote van Tulive, mnr. Iyaloo Nangolo, het genoem oor sy kinderherinneringe om huiswerk onder ’n paraffienlamp te doen.
“Dit is nog altyd my droom om toegang tot elektrisiteit na elke Afrika-kind te bring; om te verseker hulle raak nie sonder elektrisiteit groot nie,” het hy gesê.
Volgens die belegger dui sy navorsing dat as Namibië 1 080MW-sonkrag, 650MW-windkrag en 600MW-energiebergingstelsels teen sowat N$30 miljard kan bou, “sal ons ’n surplus, bekostigbare en skoon energie bereik het,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie