Omstrede Baynesdam weer terug
Namibië en Angola het weer eens besluit om die reuse-Baynesdam en hidrokragopwekkingsprojek aan te pak.
Dit nadat die impak van die projek op die omgewing en veral die Himba-mense se tuislande in die verlede onder die loep geneem is en die projek reeds jare gelede omstredenheid veroorsaak het.
Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, was Maandag saam met die Angolese minister van energie en water, João Baptista Borges, by die Lauca- hidro-elektriese dam in Angola.
Tydens die ontmoeting is ooreengekom om opnuut die 881 MW-Baynes binasionale dam- en hidrokragopwekkingsprojek op die laerliggende gebiede van die Kunenerivier op die grens tussen dié twee buurlande te hervat.
Luidens ’n gesamentlike verklaring wat gister uitgereik is, is die besluit reeds op 10 November 2023 geneem.
Republikein het met die aanvang van die projek meer as vier jaar gelede, berig dat die aanleg na verwagting 600 MW se elektrisiteit sal opwek, wat gelykop tussen Namibië en Angola verdeel sal word, terwyl daar ook planne vir die verskaffing van elektrisiteit in die streek is.
Volgens die twee ministers is die projek van strategiese belang vir beide buurlande, maar ook vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), veral omdat Angola nog nie aan die Suider-Afrikaanse-kragnetwerk (SAPP) gekoppel is nie.
Daarom is dit van uiterste belang dat die Angola-Namibië transmissie-interkonneksie, bekend as die ANNA-interkonneksie, so vinnig as moontlik voltooi word.
“Die belegging beplan ’n transmissienetwerk na die Baynes-binasionale hidrokragprojek wat verder die verbinding van Angola en Namibië, en na die res van die streek, bevorder en sal ’n bykomende roete bied vir die uitvoer van oortollige krag vanaf die Kwanza- en Kunene-rivierkomme,” lui die verklaring.
Die ministers erken dat die Baynes-projek al jare sloer, met die lewensvatbaarheidstudie wat reeds in 2008 van stapel gestuur en in 2014 voltooi is. Dit is weer in 2021 bygewerk en vanjaar voltooi.
IMPAK OP DIE OMGEWING
Voorheen is kommer uitgespreek oor die projek se impak op die omgewing en die impak op die Himbas se tuislande.
Daar is nou besluit dat ’n gesamentlike uitvoereenheid gestig sal word, met ’n hoofkantoor óf in Windhoek óf in Luanda met ’n satellietkantoor in die ander buurland.
Die twee regerings sal ’n gesamentlike bankrekening vir die eenheid open, met jaarlikse bydraes vanaf die buurlande se nasionale begrotings. Die opgedateerde tegno-ekonomiese lewensvatbaarheidstudie van 2023 is goedgekeur.
Republikein het voorheen berig dat die Himba-mense aangevoer het hulle was nie geken of betrokke in die besluitneming van die projek nie en is bekommerd die manier hoe hulle leef, mag bedreig word.
Die versuim om inheemse gemeenskappe te raadpleeg is ’n oortreding van die beginsel van vrye, voorafgaande en ingeligte toestemming waartoe inheemse bevolkings ’n reg het.
NOG ’N DAM
Daar is ook ooreengekom dat ’n bykomende reguleerdam van sowat 12 km stroomaf en met 21 MW se opwekkingskapasiteit, gebou sal word. Dié dam se wal sal ook dien as ’n brug vir ’n pad tussen die buurlande.
Na verwagting sal daar oor die uitvoermodel vir die projek voor September vanjaar ooreengekom word. Prokureurs vir die twee regerings moet reeds vandeesmaand die regsoorsig vir die implementering van die ooreenkoms tussen die lande finaliseer.
Namibië sal voor einde Junie gasheer speel vir ’n vergadering wat hierop sal fokus en die ooreenkoms behoort glo teen Julie onderteken te wees.
Daar word ook daarop gewys dat die Angolese president reeds besluit het om vanjaar ’n tydelike pad vanaf Tombwa na Garota Nova deur Miomba te bou.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie